Neville Chamberlain | |
Neville Chamberlain in 1923 | |
Ampstermyn 28 Mei 1937 – 10 Mei 1940 | |
Monarg | George VI |
---|---|
Voorafgegaan deur | Stanley Baldwin |
Opgevolg deur | Winston Churchill |
Leier van die Konserwatiewe Party
| |
Ampstermyn 27 Mei 1937 – 9 Oktober 1940 | |
Voorafgegaan deur | Stanley Baldwin |
Opgevolg deur | Winston Churchill |
Voorsitter van die Raad
| |
Ampstermyn 10 Mei 1940 – 3 Oktober 1940 | |
Eerste minister | Winston Churchill |
Voorafgegaan deur | James Stanhope |
Opgevolg deur | John Anderson |
Kanselier van die Skatkis
| |
Ampstermyn 5 November 1931 – 28 Mei 1937 | |
Eerste minister | Ramsay MacDonald Stanley Baldwin |
Voorafgegaan deur | Philip Snowden |
Opgevolg deur | John Simon |
Ampstermyn 27 Augustus 1923 – 22 Januarie 1924 | |
Eerste minister | Stanley Baldwin |
Voorafgegaan deur | Stanley Baldwin |
Opgevolg deur | Philip Snowden |
Minister van Gesondheid
| |
Ampstermyn 25 Augustus 1931 – 5 November 1931 | |
Eerste minister | Ramsay MacDonald |
Voorafgegaan deur | Arthur Greenwood |
Opgevolg deur | Edward Hilton Young |
Ampstermyn 6 November 1924 – 4 Junie 1929 | |
Eerste minister | Stanley Baldwin |
Voorafgegaan deur | John Wheatley |
Opgevolg deur | Arthur Greenwood |
Ampstermyn 7 Maart 1923 – 27 Augustus 1923 | |
Eerste minister | Bonar Law Stanley Baldwin |
Voorafgegaan deur | Arthur Griffith-Boscawen |
Opgevolg deur | William Joynson-Hicks |
Betaalmeester-generaal
| |
Ampstermyn 5 Februarie 1923 – 7 Maart 1923 | |
Eerste minister | Bonar Law |
Voorafgegaan deur | Tudor Walters |
Opgevolg deur | William Joynson-Hicks |
Posmeester-generaal
| |
Ampstermyn 31 Oktober 1922 – 5 Februarie 1923 | |
Eerste minister | Bonar Law |
Voorafgegaan deur | Frederick Kellaway |
Opgevolg deur | William Joynson-Hicks |
Lid van die Parlement
vir Birmingham, Edgbaston | |
Ampstermyn 30 Mei 1929 – 9 November 1940 | |
Voorafgegaan deur | Francis Lowe |
Opgevolg deur | Peter Bennett |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Arthur Neville Chamberlain 18 Maart 1869 Edgbaston, Birmingham, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 9 November 1940 (op 71) Heckfield, Hampshire, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Anne de Vere Cole (1911–1940; sy dood) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Mason College (nou die Universiteit van Birmingham) |
Religie | Unitarianisme[1] |
Handtekening |
Arthur Neville Chamberlain (1869–1940) was ’n Britse politikus van die Konserwatiewe Party wat in 1937 tot Eerste minister van die Verenigde Koninkryk verkies is. Hy is gekritiseer oor sy paaibeleid jeens Adolf Hitler en die Britse militêre mislukkings aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog. In 1940 het Winston Churchill hom as premier vervang.[2]
Arthur Neville Chamberlain is op 18 Maart 1869 gebore. Sy pa, Joseph Chamberlain, was die burgemeester van Birmingham. Sy ma, Florence Kenrick, sterf in die kraambed toe hy ses was. Hy het drie susters, asook 'n halfsuster en halfbroer uit sy pa se vorige huwelik gehad. Sy halfbroer Joseph Austen het hom in die politiek vooruitgegaan, en het die minister van finansies geword.
In 1910 trou hy met Anne Cole. Twee kinders is uit die huwelik gebore, Francis en Dorothy Chamberlain.
Neville het as 'n fynsinnige man grootgeword, met 'n sterk belangstelling in musiek, literatuur, plantkunde en ornitologie. Hy verwerf 'n ingenieursdiploma en spesialiseer in metallurgie. In 'n poging om die familiefortuin te red, stuur sy pa sy jongste seun om op Andros (in die Bahamas) in 'n garingboom-plantasie te gaan werk. Neville bly vir ses jaar daar, maar die plantasie misluk en sy pa lei 'n verlies van £50 000.
Met sy terugkeer na Groot-Brittanje begin Neville vir Hoskins&Company te werk. Die besigheid floreer en Neville begin hom later op maatskaplike en kulturele aktiwiteite toespits, soos die oprigting van 'n simfonie orkes in 1920.
Hy betree die politiek op 42-jarige ouderdom en is in 1911 tot sy tuisdorp se stadsraad verkies. Sewe jaar later, in 1918, is hy tot die House of Commons (Britse laerhuis) verkies (hy was 'n lid daarvan tot sy dood in 1940 gewees). Sy politieke loopbaan was nou op dreef en in 1923 word hy vir die eerste keer 'n minister. Hy hervorm die ministerie van gesondheid en verseker bekostigbare behuising vir minder bevoorregte mense.
Met 'n onderbreking van 'n paar maande in 1924 beklee hy hierdie pos tot 1929. Vervolgens was hy in 1931 vir enkele maande die minister van gesondheid en daarna van 1931 tot 1937 die minister van finansies. In die tyd het hy hom vir die aftakeling van oorlogskuld en die hernuwing van fabrieke en myne beywer. As gevolg hiervan kon die Verenigde Koninkryk die Tweede Wêreldoorlog met moderne tegnologie en middele betree.
Op 28 Mei 1937 word hy die eerste minister. Kort daarna word hy met Nazi-Duitsland se oorlogsug gekonfronteer, wat in Maart 1038 Oostenryk annekseer. Vanweë die Verenigde Koninkryk en Frankryk se oorlogsmoegheid probeer hy in September 1938 om Hitler tydens die Konferensie van München met 'n groot toegewing te paai. Hitler mag Sudetenland ('n deel van Tsjeggo-Slowakye waar baie Duitsers gewoon het) inlyf. Vir Tsjeggo-Slowakye was dit 'n ramp, omdat talle van die land se industrieë (asook hul verdedigingslinies) hier gesetel was. Die München-ooreenkoms lui Chamberlain se politieke ondergang in toe Duitsland (ondanks uitdruklike waarskuwings) Pole op 1 September 1939 inval. Daarmee word die Tweede Wêreldoorlog onvermydelik en Chamberlain se posisie ondraaglik. Interne weerstand teen sy bewind groei verder toe die Britse Vloot tydens die Duitse aanval op Noorweë faal. Nazi-Duitsland val België, Nederland en Frankryk op 10 Mei 1940 in, waarna Chamberlain genoodsaak is om uit te tree en deur Winston Churchill opgevolg is.
Hy is op 9 November 1940 (drie maande na sy uittrede) in Reading aan maagkanker oorlede, terwyl Duitse bomwerpers oor Groot-Brittanje geswerm het.
Voorafgegaan deur Stanley Baldwin (Konserwatiewe Party) |
Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (Konserwatiewe Party) 1937–1940 |
Opgevolg deur Winston Churchill (Konserwatiewe Party) |