Nick Heidfeld | |
---|---|
Heidfeld in 2019
| |
Geboortedatum | 10 Mei 1977 |
Geboorteplek | Mönchengladbach, Wes-Duitsland |
Volle naam | Nick Lars Heidfeld |
Nasionaliteit | Duitser |
Aktiewe jare | 2000–2011 |
Ou span(ne) | Prost, Sauber, Jordan, Williams, BMW Sauber, Renault |
Motornommer | 23 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 13 |
Loopbaanpunte | 259 |
Voorste wegspronge | 1 |
Vinnigste rondtes | 2 |
Eerste F1-wedren | 2000 Australiese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2011 Hongaarse Grand Prix |
Nick Lars Heidfeld (gebore 10 Mei 1977) is 'n Duitse professionele renjaer.
Ten spyte van gereelde podiumplekke in 2005 by Williams, en in 2007 en 2008 by BMW Sauber, het Heidfeld nooit 'n wedren gewen sedert sy debuut in Formule Een in 2000 nie. Heidfeld hou tans drie rekords. Hy hou die rekord vir die meeste podiums sonder 'n Grand Prixwen (13),[1] en behaal die meeste tweede plekke sonder 'n wen met 8. Hy hou ook die rekord vir die meeste agtereenvolgende renklassifikasies met 'n telling van 41.
In 2011 het Heidfeld in Formule Een vir die Renault-span gejaag as 'n plaasvervanger vir die beseerde Robert Kubica, sy voormalige BMW Sauberspanmaat,[2] voordat hy vervang is deur Bruno Senna. Hy jaag tans vir die Rebellion Racing-span in die FIA-wêrelduithoukampioenskap en vir Mahindra Racing in Formule E.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |