Nigel Farage | |
Leier van die Verenigde Koninkryk se Onafhanklikheidsparty (UKIP)
| |
Ampstermyn 5 November 2010 – 16 September 2016 | |
Vise | Paul Nuttall |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jeffrey Titford |
Opgevolg deur | Diane James |
Ampstermyn 12 September 2006 – 27 November 2009 | |
Vise | David Campbell Bannerman |
Voorafgegaan deur | Roger Knapman |
Opgevolg deur | Malcolm Pearson |
Lid van die Europese Parlement vir Suidoos-Engeland
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 10 Junie 1999 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 3 April 1964 Kent, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Konserwatiewe Party (tot 1993)[1] UKIP (1993-2018) onafhanklik (sedert 2018) |
Eggenoot/-note | Gráinne Hayes (1988–1997, geskei) Kirsten Mehr (sedert 1999) |
Kind(ers) | Vier |
Alma mater | Dulwich-kollege |
Religie | Kerk van Engeland |
Nigel Paul Farage [ˈfærɑːʒ] is 'n Britse politikus en voormalige leier van die Verenigde Koninkryk se Onafhanklikheidsparty (UK Independence Party, UKIP), 'n pos wat hy twee keer tussen September 2006 en November 2009 en nog eens tussen November 2010 en September 2016 beklee het. Hy is 'n lid van die Europese Parlement as afgevaardigde vir die kiesafdeling Suidoos-Engeland, asook die mede-voorsitter van die Euroskeptiese Europe of Freedom and Democracy-groep.
Farage het die Konserwatiewe Party in 1992 ná die ondertekening van die Maastricht-verdrag verlaat om 'n stigtingslid van die UKIP te word. Hy was onsuksesvol in die Europese en Britse verkiesings sedert 1994, maar het uiteindelik in die verkiesings vir die Europese Parlement in 1999 'n setel as afgevaardigde vir Suidoos-Engeland gewen nadat 'n stelsel van streeksgebonde kandidatelyste ingevoer is. Farage is in 2004 en 2009 herverkies.
In September 2006 is Farage as leier van die UKIP aangewys en het dié party se verkiesingsveldtog vir die Europese Parlementsverkiesing in 2009 gevoer. Die UKIP het betreklik goed in die verkiesing gevaar en die tweede sterkste party geword met twee miljoen van die uitgebragte stemme, nog voor die Arbeidersparty (Labour) en die Liberale Demokrate. In November 2009 het Farage as UKIP-partyleier bedank om in die Britse algemene verkiesing van 2010 teen die destydse speaker van die Britse Laerhuis, John Bercow, in die Buckingham-kiesafdeling te staan. Farage was onsuksesvol in dié poging en kon slegs die derde hoogste persentasie van die uitgebragte stemme op hom verenig. Kort nadat verkiesingslokale op 6 Mei 2010 geopen het, is Farage in 'n vliegtuigongeluk in Nottinghamshire beseer.
In November 2010 is Farage weer as leier van die UKIP aangewys nadat die vorige voorsitter, Lord Pearson of Rannoch, bedank het. Farage het veral bekendheid met sy vurige en soms ook omstrede toesprake in die Europese Parlement verwerf. Op 4 Julie 2016 het hy bekend gemaak dat hy as UKIP-partyleier bedank.[2]