Noël Coward | |
![]() | |
Noël Coward in 1972.
| |
Geboortenaam | Noël Peirce Coward |
---|---|
Alias | The Master |
Geboorte | 16 Desember 1899 Teddington |
Sterfte | 26 Maart 1973 Blue Harbor, Jamaica |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep(e) | Akteur, toneelskrywer, regisseur en komponis |
Aktiewe jare | 1922–1973 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sir Noël Coward (1899–1973) was ’n Britse akteur, sanger en skrywer van liedjies en toneelstukke. Hy was bekend vir sy flambojante persoonlikheid en komiese stukke, soos Private Lives en Blithe Spirit, en sy komiese liedjie Mad Dogs and Englishmen.[1]
Noël Peirce Coward is op 16 Desember 1899 in Teddington in die Verenigde Koninkryk gebore. As kind woon 'n dansakademie in Londen by en maak sy verhoogdebuut op elf. Hy begin in sy tienerjare om dramas te skryf en het uiteindelik meer as 50 toneelstukke gepubliseer. Hy het ook honderde liedjies gekomponeer en meer as 'n dosyn musikale teaterstukke gelewer.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Coward vrywillig by die Britse propagandakantoor in Parys gewerk. Hy was ook by die Geheime Diens betrokke en het sy invloed probeer gebruik om die Amerikaanse publiek en regering te oorreed om Brittanje te help.
Coward is in 1969 tot ridder geslaan en ontvang in 1972 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Sussex.[2] Hy het ook 'n Tony-prys vir sy lewenslange bydrae ontvang.[3] Die voormalige Albery-teater (oorspronklik die New Theatre) in Londen is in 2006 in sy eer na die Noël Coward Teater vernoem.
Coward is op 26 Maart 1973 aan 'n hartaanval in Blue Harbor, Jamaica oorlede. Hy was 73 jaar oud.[4]