Ojos del Salado | |
---|---|
Ligging | Atacamawoestyn, Chili en Argentinië |
Hoogte | 6 893[1] meter bo seevlak |
Reeks | Andes |
Koördinate | 27°6′34″S 68°32′24″W / 27.10944°S 68.54000°W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Eerste bestyging | 26 Februarie 1937 |
Eerste bestyger(s) | Justyn Wojsznis en Jan Szczepanski |
Ojos del Salado (volle naam: Nevado Ojos del Salado) is 'n berg in Suid-Amerika wat in die ooste van die Atacamawoestyn op die grens tussen Argentinië en Chili geleë is. Met 'n hoogte van 6 893 meter is dit die hoogste vulkaan ter wêreld, die tweede hoogste berg in die Andes, Suid-Amerika, die Amerikas, die Suidelike Halfrond en die Westelike halfrond ná die Aconcagua. Die Ojos del Salado is die tweede hoogste berg buite Asië en die 189ste hoogste berg ter wêreld. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.