Omar Sharif | |
Omar Sharif in 2013
| |
Geboortenaam | Michel Demitri Shalhoub |
---|---|
Geboorte | 10 April 1932 Alexandrië, Egipte |
Sterfte | 10 Julie 2015 Kaïro, Egipte |
Nasionaliteit | Egipte |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1954–2015 |
Rolprente | Dr. Zhivago Lawrence of Arabia Funny Girl |
Toekennings | César (2004) Golden Globe (1962, 1963, 1965) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
Golden Globe | 1962 | Byspeler | Lawrence of Arabia |
Golden Globe | 1965 | Akteur | Doctor Zhivago |
Bambi | 1969 | Akteur | More Than a Miracle |
César | 2004 | Akteur | Monsieur Ibrahim |
Benoem | |||
Oscar | 1963 | Byspeler | Lawrence of Arabia |
Omar Sharif (Arabies: عمر الشريـف, Egiptiese Arabies [ˈʕomɑɾˤ eʃʃɪˈɾiːf]; gebore Michel Demitri Chalhoub [miˈʃel dɪˈmitɾi ʃælˈhuːb]; 10 April 1932 – 10 Julie 2015) was ’n Egiptiese akteur wat in verskeie Hollywood-rolprente gespeel het soos Lawrence of Arabia, Doctor Zhivago en Funny Girl. Hy is vir ’n Oscar benoem en het drie Golden Globes gewen.
Omar Sharif is op 10 April 1932 in ’n Libanese Christelike gesin in Alexandrië, Egipte, gebore as Michel Demitri Shalhoub (ميشيل ديمتري شلهوب). Hy het aan die Victoria-kollege in Alexandrië skoolgegaan en daarna ’n graad in beide wiskunde en fisika aan die Universiteit van Kaïro behaal.
Sahrif het sy akteursloopbaan in 1953 begin met ’n rol in Sira` Fi al-Wadi. Hy het gou ’n ster geword en in meer as 20 Egiptiese produksies gespeel, onder andere saam met sy vrou, die Egiptiese aktrise Faten Hamama.
Sharif se eerste Engelse rol was dié van Sharif Ali in 1962 in David Lean se Lawrence of Arabia. Vir dié byrol is hy benoem vir ’n Oscar en het hy ’n Golden Globe gewen vir beste manlike byspeler. Hierna het hy ’n verskeidenheid karakters vertolk, soos ’n Spaanse priester in Behold a Pale Horse (1964) en die Mongoolse veroweraar in Genghis Khan (1965). In dieselfde jaar het hy in nog ’n prent van Lean gespeel: Doctor Zhivago, ’n verwerking van Boris Pasternak se roman, waarvoor Sharif sy tweede Golden Globe gewen het.
In die volgende paar jaar het Sharif ’n Duitse generaal vertolk in The Night of the Generals, kroonprins Rudolf van Oostenryk in Mayerling en Che Guevara in Che!. Hy het ook lof ontvang vir sy uitbeelding van Nicky Arnstein, die man van Fanny Brice in Funny Girl. Die Egiptiese regering was woedend oor sy besluit om saam met Barbra Streisand te werk vanweë Streisand se steun aan Israel. Streisand self het hierop geantwoord: "You think Cairo was upset? You should've seen the letter I got from my Aunt Rose!" Sharif het die rol in 1975 weer gespeel in die opvolgprent, Funny Lady.
In 2003 is hy geloof vir sy rol in die Franse prent Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran as ’n Turkse Moslem-handelaar wat ’n vaderfiguur word vir ’n Joodse seun.
Sharif het eens onder die wêreld se bekendste brugspelers getel en het in 1967 die "Omar Sharif Bridge Circus" gestig wat deur die wêreld gereis het om teen ander beroemde spanne te speel. Hy het verskeie jare lank saam met Charles Goren ’n gesindikeerde brugrubriek vir die koerant Chicago Tribune geskryf.[1] Hy het egter die skryf van die kolom meestal oorgelaat aan Tannah Hirsch, wie se naam tot vandag saam met syne in die naamlyn verskyn. Hy is ook die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke oor brug en het sy naam gekoppel aan ’n brugvideospel, Omar Sharif Bridge, wat steeds verkoop word.[2]
Sharif het dikwels in casino's in Frankryk gedobbel.[3] In 2006 het gesê hy het ophou brug speel en dobbel omdat hy sy familie afgeskeep het en meer tyd saam met hulle wou deurbring.[4]
Sharif het vlot Arabies, Engels, Grieks en Frans gepraat. Hy het ook ’n bietjie Italiaans, Spaans en Turks gepraat.
Hy het van sy geboorte tot in 1932 in Egipte gewoon en in 1965 na Europa getrek.[5] In sy outobiografie skryf hy sy pa was nie ’n ryk man nie, maar het heelwat verdien.[5] Voor die Egiptiese Rewolusie van 1952 het koning Faroek dikwels Sharif-hulle se huis besoek, waar hy ’n vriend en kaartspelmaat van Sharif se ma was. Sy ma was ’n elegante en sjarmante gasvrou wat danksy dié verbintenis in hoë kringe beweeg het. Sharif vertel ook sy pa se houtonderneming was in dié tyd baie suksesvol, op maniere wat hy beskryf as oneerlik of immoreel.[5]
Sy pa se onderneming is geknou ná die bewindsoorname en nasionalisasiebeleid van Gamal Abdel Nasser[5] Daar was ook reisbeperkings en Sharif kon dit nie hanteer nie – dit het hom laat besluit om in Europa te bly tussen die skiet van rolprente. Dié besluit het hom sy huwelik met Hamama gekos, maar hulle het vriende gebly. Hulle het ’n seun, Tarek El-Sharif. Hy is in 1957 in Egipte gebore en het in Doctor Zhivago verskyn as Yuri op agtjarige ouderdom. Die egskeiding was ’n kruispad vir Sharif en hy het verander van ’n gevestigde gesinsman in ’n lewenslange alleenloper wat in Europese hotelle gewoon het. Oor sy Hollywood-loopbaan het hy gesê: "Dit het vir my glorie gebring, maar ook eensaamheid. En die gemis aan my eie land en my eie mense."[6]
Sharif en Peter O'Toole het vriende geword tydens die verfilming van Lawrence of Arabia. Hulle het daarna in nog ’n paar rolprente saam verskyn en het goeie vriende gebly.
Hy het in 2010 ’n eregraad van die Universiteit van Hull gekry.[7] In November 2005 het hy die Sergei Eisenstein-medalje by Unesco gekry uit erkenning vir sy bydrae tot die internasionale rolprentwese en kulturele verskeidenheid. Daar is net 20 medaljes gemunt en hulle word ongereeld toegeken. Dit is genoem na die Russiese regisseur Sergei Eisenstein.[8]
Sharif het las meestal in Kaïro saam met sy familie gebly.[6] Benewens sy seun het hy ook twee kleinseuns, Omar en Karim.[9] Omar is ook ’n akteur.
Sharif het in 1992 ’n driedubbele hartomleidingsoperasie ondergaan en het in 1994 ’n ligte hartaanval gehad.
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1954 | Shaytan al-Sahra | Bekend as Devil of the Sahara | |
1954 | Sira` Fi al-Wadi | Ahmed | Ook bekend as The Blazing Sun, Struggle in the Valley of Fight in the Valley |
1955 | Ayyamna al-Holwa | Ahmed | "Ons Beste Dae" |
1956 | Siraa Fil-Mina | Ragab | |
1957 | Ard al-Salam | Ahmed | Bekend as Land of Peace |
1957 | The Lebanese Mission | Mokrir | As Omar Cherif |
1958 | La anam | Aziz | Ook bekend as I Do Not Sleep en No Tomorrow |
1958 | Goha | Goha | As Omar Cherif |
1959 | Fadiha fil-zamalek | Scandal in Zamalek | |
1959 | Sayedat el kasr | Adel | "Dame van die Kasteel" |
1959 | Seraa fil Nil | Muhassab | "Stryd op die Nyl" |
1960 | Bidaya wa nihaya | ||
1960 | Hobi al-wahid | "My Enigste Liefde" | |
1960 | Esha'a hob | "Gerug van Liefde" | |
1960 | Nahr al-Hob | Khalid | "Die rivier van Liefde" |
1961 | A Man in our House | Ibrahim | |
1962 | Lawrence of Arabia | Sherif Ali | |
1964 | Behold a Pale Horse | Francisco | |
1964 | The Fall of the Roman Empire | Sohamus | |
1965 | Doctor Zhivago | Yuri | |
1965 | The Yellow Rolls-Royce | Davich | |
1965 | Genghis Khan | Genghis Khan | |
1967 | The Night of the Generals | Majoor Grau | |
1967 | More Than a Miracle | Prins Rodrigo Fernandez | |
1968 | Funny Girl | Nick Arnstein | |
1968 | Mayerling | Aartshertog Rudolf | |
1969 | Che! | Che Guevara | |
1969 | The Appointment | Frenderico Fendi | |
1969 | Mackenna's Gold | Colorado | |
1970 | The Last Valley | Vogel | |
1971 | The Horsemen | Uraz | |
1971 | The Burglars | Abel Zacharia | |
1973 | La Isla misteriosa y el capitán Nemo | Kaptein Nemo | TV-minireeks |
1974 | Juggernaut | Kaptein Axel Brunel | |
1974 | The Tamarind Seed | Feodor Sverdlov | |
1975 | Ace Up My Sleeve | Andre Ferren | Ook bekend as Crime and Passion |
1975 | Funny Lady | Nicky Arnstein | |
1976 | The Pink Panther Strikes Again | Egiptiese sluipmoordenaar | naam nie op lys |
1979 | Ashanti: Land of No Mercy | Prins hassan | |
1979 | Bloodline | Ivo Palazzi | |
1979 | S-H-E | Baron Cesare Magnasco | S-H-E: Security Hazards Expert |
1980 | Oh Heavenly Dog | Bart | |
1980 | The Baltimore Bullet | The Deacon | |
1980 | Pleasure Palace | Louis Lefevre | TV-prent |
1981 | Green Ice | Meno Argenti | |
1984 | Top Secret! | Agent Cedric | |
1986 | Peter the Great | Fyodor Romodanovsky | TV-reeks |
1986 | Harem | Sultan Hassan | TV-prent |
1986 | Anastasia: The Mystery of Anna | Tsaar Nikolaas II | TV-reeks |
1987 | The Novice | ||
1988 | The Possessed | Stepan | |
1989 | Al-aragoz | Mohamed Gad El Kareem | |
1990 | The Opium Connection | ||
1990 | The Rainbow Thief | Dima | |
1991 | Memories of Midnight | Constantin Demiris | TV-prent |
1991 | Mowaten masri | An Egyptian Citizen | |
1992 | Beyond Justice | Emir Beni-Zair | |
1992 | Grand Larceny | ||
1992 | Mayrig | ||
1992 | Mrs. 'Arris Goes to Paris | Markies Hippolite | TV-prent |
1992 | 588 rue paradis | Hagop | |
1993 | Dehk we le'b we gad we hob | ||
1994 | Lie Down with Lions | Safar Khan | TV-prent |
1995 | Catherine the Great | Alexey Razumovsky | TV-prent |
1996 | Gulliver's Travels | TV-prent | |
1997 | Heaven Before I Die | Khalil Gibran | |
1998 | Mysteries of Egypt | Oupa | Dokumentêr |
1999 | The 13th Warrior | Melchisideck | |
2001 | The Parole Officer | Victor | |
2003 | Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran | Monsieur Ibrahim Deneji | |
2004 | Hidalgo | Sjeik Riaad | |
2005 | Imperium: Saint Peter | Petrus | TV-prent |
2005 | Fuoco su di me | Prins Nikolaas | |
2005 | Shaka Zulu: The Last Great Warrior | ||
2006 | One Night with the King | Prins Memucan | |
2006 | The Crown Prince | Hans Canon | |
2007 | Hanan W Haneen | TV-reeks | |
2007 | The Ten Commandments | Jetro | TV-reeks |
2008 | The Last Templar | Konstantine | TV-reeks |
2008 | Hassan & Marcus | Hassan/Morcus | |
2008 | 10,000 BC | Verteller | Net stem |
2009 | The Traveller | ||
2009 | J'ai oublié de te dire | Jaume | |
2009 | La Traversée du désir |
<ref>
tag; no text was provided for refs named youtube1