0,800–1,000 (Baie hoog)
0,700–0,799 (Hoog)
0,555–0,699 (Gemiddeld)
0,350–0,554 (Laag)
Data onbeskikbaar
’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard.[2] Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word.
Ontwikkelde lande het ’n post-industriële ekonomie, wat beteken die dienssektor verskaf meer rykdom as die nywerheidsektor. Daarteenoor is ontwikkelende lande besig om te industrialiseer of hoofsaaklik op landbou aangewese. In 2015 het gevorderde ekonomieë 60,8% uitgemaak van die wêreldwye BBP gebaseer op nominale waardes en 42,9% van die wêreldwye BBP gebaseer op koopkragpariteit (KKP), volgens die Internasionale Monetêre Fonds.[3] In 2015 was die 10 grootste gevorderde ekonomieë volgens BBP in beide nominale en KKP-terme Australië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Suid-Korea, Spanje, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Koninkryk.[4]
Die Verenigde Nasies (VN) se Menslike-ontwikkelingsindeks is ’n statistiese maatstaf wat ’n land se vlak van menslike ontwikkeling weergee. Terwyl daar ’n sterk verband is tussen ’n lande se MOI-telling en ’n vooruitstrewende enonomie, wys die VN daarop dat die MOI-tellings meer aandui as inkomste of produktiwiteit. Anders as BBP en per capita-inkomste, bring die MOI in berekening hoe inkomste verander word "in opvoedings- en gesondheidsgeleenthede en dus in hoër vlakke van menslike ontwikkeling".
Sedert 1990 het Noorweë (2001–2006, 2009–2013), Japan (1990–1991 en 1993), Kanada (1992 en 1994–2000) en Ysland (2007–2008) die hoogste MOI-telling gehad. Die top-47-lande het tellings van tussen 0,793 in Barbados en 0,955 in Noorweë gehad.
Baie "gevorderde ekonomieë" word gekenmerk deur ’n MOI-telling van 0,9 of hoër. Die laaste verslag is op 21 Maart 2017 gepubliseer.[5]
|
|
As nielid van die VN bereken die regering van Taiwan sy eie MOI, wat in 2011 ’n waarde van 0,882 gehad het.[6] Terwyl die MOI vir Hongkong deur die VN bereken word, geld dit nie vir Macau nie. Laasgenoemde se regering het die streek se MOI in 2011 as 0,868 bereken. Hierdie tellings plaas beide Taiwan en Macau gerieflik binne die lys lande met "baie hoë menslike ontwikkeling".[7]
’n Paar instellings het lyste van ontwikkelde lande opgestel: Die VN (sy lys word hier bo vertoon), die CIA,[8] en ander.
Die IMF identifiseer 39 "gevorderde ekonomieë".[9][10] Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) se 35 lidlande is bekend as die "klub van ontwikkelde lande".[11][12][13] Die Wêreldbank identifiseer 78 "hoëinkomstelande".[14]
Volgens die Wêreldbank word die volgense 78 lande en gebiede geklassifiseer as "hoëinkomste-ekonomieë".[14] Tussen hakies is die jaar/jare waarin hulle so geklassifiseer is sedert klassifisering in 1987 begin is.[15]
|
|
|
|
Volgens die IMF word die volgende 39 ekonomieë as "gevorderd" geklassifiseer:
20 Stigterslande
16 Toetredinglande
Daar is 36 lede in die OESO se hoëinkomstekategorie, soos deur die Wêreldbank bepaal.[16][17]
Dit sluit in:
27 lande in Europa:
3 lande in Asië:
3 lande in Noord-Amerika:
2 lande in Oseanië:
1 land in Suid-Amerika:
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)