OpenStreetMap | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Tipe webblad | digitale padkaart |
Taal(e) | Ten minste 151 gebiedsvertalings en onbeperkte aantal kaarttale[1] |
Registrasie | nodig vir bydraers |
Eienaar | OpenStreetMap gemeenskap. Projekondersteuning deur OpenStreetMap Foundation[2] |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 1 Julie 2004 |
Huidige status | Aktief |
URL | www.openstreetmap.org |
OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.
OpenStreetMap is 'n samewerkingsprojek om 'n gratis bewerkbare kaart van die wêreld te skep. Die geodata onderliggend aan die kaart word beskou as die primêre uitset van die projek. Die skepping en groei van OSM is gemotiveer deur beperkings op die gebruik of beskikbaarheid van kaartdata oor 'n groot deel van die wêreld, en die koms van goedkoop draagbare satellietnavigasie-toestelle.[3]
OpenStreetMap is in 2004 deur Steve Coast gestig ná die sukses van wikipedia. Die drywers vir die projek was die hoë koste van kwaliteit geografiese data in die Verenigde Koninkryk en die beskikbaarheid van akkurate GPS ontvangers.
In 2006 het Yahoo! ingestem dat hulle lugfoto's vir die projek gebruik kan word. Dit het die gemeenskap in staat gestel om die hele Pretoria en groot dele van Johannesburg en Kaapstad te voltooi.
Deelnemers verken nuwe areas en gebruik GPS ontvangers, kameras, persoonlike digitale assistente en / of pen en papier om data bymekaar te maak. Daarna word OSM redigeringsagteware gebruik om dit by die sentrale databasis te voeg. Hierdie veranderings kan tot 'n week of meer neem voordat dit gepubliseer word in al die verskillende formate.
Die munisipale grense sowel as amptelike plekname volgens die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad is reeds ingevoer.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met OpenStreetMap. |