Otis Ray Redding Jr. (9 September1941 - 10 Desember1967) was 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer. Hy word beskou as een van die grootste sanger-liedjieskrywers wat Amerikaanse popmusiek opgelewer het en was 'n invloedryke kunstenaar in Soulmusiek en rhythm and blues (R&B). Sy bynaam was die "King of Soul",[2] Redding is geïnspireer deur gospelmusiek wat dié genre voorafgegaan het. Sy vokale styl het baie ander soulkunstenaar van die 1960's beïnvloed.
Redding is gebore in Dawson, Georgia. Kort hierna het die gesin na Macon, Georgia verhuis. Hy het hoërskool op 15-jarige ouderdom verlaat om sy gesin te onderhou, en gewerk saam met Little Richard se "backing band", the Upsetters, en aan talentprogramme deelgeneem by Macon se historiese Douglass Theatre. In 1958 het Redding aangesluit by Johnny Jenkins se "band", die Pinetoppers, saam met wie hy as sanger en bestuurder deur die Suidelike state getoer het. 'n Ongeskeduleerde verskyning tydens 'n opnamesessie vir Stax Records het gelei tot 'n kontrak en sy eerste treffer-enkelsnit, "These Arms of Mine", in 1962.
Stax het Redding se debuutalbum, Pain in My Heart, twee jaar later vrygestel. Redding, wat aanvanklik veral onder swart Amerikaners gewild was, het later 'n groter Amerikaanse popmusiekgehoor bereik. Saam met sy groep het hy eers klein opvoerings in die Amerikaanse Suide gegee. Redding het later by die gewilde Los Angeles-nagklub Whisky a Go Go opgetree, en deur Europa getoer en in Londen, Parys en ander groot stede opgetree. In 1967 het hy tydens die Monterey Pop Festival opgetree.
Kort voor sy vroeë dood in 'n vliegtuigongeluk het Redding sy ikoniese liedjie "(Sittin' On) The Dock of the Bay" saam met Steve Cropper geskryf en opgeneem. Die liedjie, wat in Januarie 1968 vrygestel is, het die eerste postuum no. 1 album op beide die Billboard Hot 100 en Billboard Hot R&B trefferlyste geword. Die album The Dock of the Bay was die eerste postuum album wat nommer een op die UK Albums-trefferlys bereik het. Redding se voortydige dood het Stax verwoes. Die plaatetiket was reeds op die rand van bankrotskap, en het gou ontdek dat die Atco Records-afdeling van Atlantic Records die regte op sy hele liedjiekatalogus besit.
Redding het verskeie postume toekennings ontvang, insluitend twee Grammy-toekennings, die Grammy Lifetime Achievement-toekenning en inlywing in die Rock and Roll Hall of Fame en die Songwriters Hall of Fame. Benewens "(Sittin' On) The Dock of the Bay", sluit van sy bekendste liedjies sy self-geskryfde "Respect" (1965) in, wat later grootliks geassosieer is met Aretha Franklin se weergawe daarvan, en sy vertolking van "Try a Little Tenderness" (1966).
↑Seidenberg, Robert (9 Desember 1994). "Death of the King of Soul". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2014. Besoek op 20 Februarie 2020. Paying tribute to the King of Soul – Twenty-seven years after his death, Otis Redding's influences is still strong
Brown, Geoff (2001). Otis Redding: Try a Little Tenderness (new uitg.). Edinburgh: Canongate. ISBN978-1-84195-316-8.
Browne, Pat; Browne, Ray B. (2001). The Guide to United States Popular Culture. Bowling Green State University Popular Press. ISBN978-0-87972-821-2. OCLC44573365.
Ribowsky, Mark (2015). Dreams to Remember : Otis Redding, Stax Records, and the Transformation of Southern Soul. Liveright Publishing Corporation. ISBN978-0-87140-873-0.
Ripani, Richard J. (2006). The New Blue Music: Changes in Rhythm & Blues, 1950–1999. University Press of Mississippi. ISBN978-1-57806-862-3. OCLC69732900.
Rolling Stone Magazine Staff (1967). The Rolling Stone Record Review. Vol. 1. Pocket Books. ISBN978-0-671-78531-4.
Delehant, Jim (2004). "The Blues Changes from Day to Day: Otis Redding Interview". In David Brackett (red.). The Pop, Rock, and Soul Reader: Histories and Debates. New York: Drukpers van die Universiteit van Oxford. ISBN9780195125702. OCLC628872571.