Otto von Habsburg | |
Otto von Habsburg in 2004 | |
Lid van die Europese Parlement vir Duitsland
| |
Ampstermyn 1979 – 1999 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | Villa Wartholz, Reichenau an der Rax, Neder-Oostenryk, Oostenryk-Hongarye (nou Oostenryk) | 20 November 1912
Sterf | 4 Julie 2011 (op 98) Pöcking, Beiere, Duitsland |
Politieke party | Christelik-Sosiale Unie |
Eggenoot/-note | Prinses Regina van Sakse-Meiningen (1951–2010; haar dood) |
Kind(ers) | Andrea, Monika, Michaela, Gabriela, Walburga, Karel, Georg |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening | |
Lojaliteit | Oostenryk (vanaf 1956) Hongarye Duitsland (vanaf 1978) Kroasië (vanaf 1990) |
Otto von Habsburg, in Oostenryk amptelik Otto Habsburg-Lothringen, meestal kort Otto Habsburg genoem (* 20 November 1912 in Reichenau an der Rax; † 4 Julie 2011 in Pöcking, Beiere[1]), was die oudste seun van die laaste keiser van Oostenryk-Hongarye, Karel I, asook 'n skrywer, publisis en politikus in die Vrystaat Beiere se Christelik-Sosiale Unie (CSU). Vir dié party is hy ook as lid van die Europese Parlement verkies.
Hy was 'n burger van Oostenryk, Duitsland en Hongarye[2] asook, volgens sy eie bewering, Kroasië.[3]
Tussen 1916 en 1918 was Otto von Habsburg die kroonprins van Oostenryk-Hongarye. Met al sy voorname en adellike titels is hy destyds Seine Kaiserliche und Königliche Hoheit Franz Joseph Otto Robert Maria Anton Karl Max Heinrich Sixtus Xaver Felix Renatus Ludwig Gaetan Pius Ignatius, Kaiserlicher Prinz, Erzherzog von Österreich, Königlicher Prinz von Ungarn genoem. Vanaf 20 November 1930 tot 1 Januarie 2007 was hy die hoof van die adellike families Habsburg-Lotaringe. Hy is in dié amp opgevolg deur sy seun Karl Habsburg-Lothringen (* 1961).
Vanaf die middel van die 1930's het Otto von Habsburg hom binne die Paneuropese Unie – en aanvanklik binne 'n Christelik-monargistiese konteks – vir die vereniging van Europa uitgespreek. Hy was 'n vasbeslote teenstander van Adolf Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese ideologie asook van kommunisme. In 'n doodberig is opgemerk: "In die politiek […] het hy homself as 'n 'werktuig van God' beskou.[4]