Paul Hanmer | |
---|---|
Geboortenaam | Paul Hanmer |
Gebore | 1961 Kaapstad (Suid-Afrika) |
Genres | jazz |
Paul Hanmer (Kaapstad, 1961) is 'n Suid-Afrikaanse komponis, pianis en 'n vooraanstaande jazz musikant. Hy het al vyf albums gemaak, insluitend:
In 1987 trek Hanmer Johannesburg toe waar hy saam met Ian Herman en Pete Sklair die groep Unofficial Language stig. Die groep het al twee albums uitgereik:
Hamner se musiek, wat herinner aan die van Keith Jarrett, is met tye serebraal en minimalisties maar altyd eg Suid-Afrikaans, en word sterk beïnvloed deur die klanke van die Kaapse Vlaktes and die mrabi-klank van die townships. Hanmer het al saam met groot figure in Suid-Afrikaans jazz saamgewerk, onder meer die Grammy-wenner Miriam Makeba, Hugh Masekela, Jonathan Butler, Pops Mohamed, Sipho Gumede, and McCoy Mrubata.
Sy opleiding in klassieke musiek word tentoongestel in Oktober 2005, toe sy eerste komposisie vir 'n strykkwartet deur die Sontonga Quartet opgevoer word in die Baxter Konsertsaal, Kaapstad.