Pierre de Fermat | |
Gebore | 17 Augustus 1601 of 1607 Beaumont-de-Lomagne, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 12 Januarie 1665 Castres, Frankryk |
Burgerskap | Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Wiskunde en reg |
Bekend vir | getalleteorie, analitiese meetkunde, Fermat se beginsel, waarskynlikheid, Fermat se laaste stelling |
Beïnvloed deur | François Viète, Gerolamo Cardano, Diophantus |
Pierre de Fermat (Beaumont-de-Lomagne in Frankryk, 17 Augustus 1601 of 1606/7 – Castres, 12 Januarie 1665) was 'n Franse wiskundige en regsgeleerde aan die hof van Toulouse. 'n Aantal vroeë ontwikkelinge in die veld wat later bekend sou word as die differensiaalrekening word aan hom toegeskryf.
Hy het 'n nuwe metode uitgevind om die grootse en klienste ordinate (maksima en minima) van krommes te bepaal, wat nou verwant was aan die toe nog onbekende differensiaalrekening. Verder het hy werk in getalteorie gedoen. Hy is egter deesdae veral bekend vir die sogenaamde laaste stelling van Fermat, wat in werklikheid nie sy laaste stelling was nie, maar die een waarvoor daar die langste na 'n bewys gesoek is. Die stelling is eers in 1994 formeel bewys. Hiernaas het hy belangrike bydraes gelewer tot die analitiese meetkunde, kansrekening, en optika.