Polinesië (afgelei van Grieks: πολύς polys vir "baie" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "baie eilande") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê tussen die Amerikas in die ooste, Asië in die noordweste en Australië in die suidweste. Polinesië beslaan 'n oppervlakte van 50 miljoen km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Polinesië lê in die Polinesiese Driehoek met die drie hoekpunte Hawaii in die noorde, Paaseiland in die ooste en Nieu-Seeland in die weste. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.[1]
Die streek bevat vier onafhanklike eilandnasies: Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Tuvalu. Nieu-Seeland is volgens beide oppervlakte en bevolking die grootste land in Polinesië en beslaan sowat 90% van Polinesië se landoppervlakte. Die grootste eilande van Polinesië is Nieu-Seeland se twee hoofeilande Noordeiland en Suideiland, asook Hawaii, die hoofeiland van die gelyknamige Amerikaanse deelstaat.
Die term Polinesië (in Frans: Polynésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Melanesië en Mikronesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig. Die subgroep wat in Polinesië gepraat word, word Polinesiese tale genoem.
Ligging | Vlag | Land | Hoofstad | Oppervlakte (km²) | Bevolking |
---|---|---|---|---|---|
Amerikaans-Samoa (Verenigde State) |
Pago Pago | 199 | 65 628 | ||
– | Baker-eiland (Verenigde State) |
– | 1,64 | – | |
Cookeilande (Nieu-Seeland) |
Avarua | 240 | 19 569 | ||
Frans-Polinesië (Frankryk) |
Papeete | 4 167 | 259 706 | ||
Hawaii (Verenigde State) |
Honolulu | 16 649 | 1 360 301 | ||
– | Howland-eiland (Verenigde State) |
– | 1,84 | – | |
– | Jarvis-eiland (Verenigde State) |
– | 4,5 | – | |
– | Johnston-atol (Verenigde State) |
– | 2,67 | – | |
– | Kingman-rif (Verenigde State) |
– | 60 | – | |
Midway-atol (Verenigde State) |
– | 6,23 | – | ||
Nieu-Seeland | Wellington | 268 680 | 4 383 000 | ||
Niue (Nieu-Seeland) |
Alofi | 260 | 1 398 | ||
Paaseiland (Chili) |
Hanga Roa | 163,6 | 4 888 | ||
Palmyra-atol (Verenigde State) |
– | 3,9 | – | ||
Pitcairneilande (Verenigde Koninkryk) |
Adamstown | 47 | 50 | ||
Samoa | Apia | 2 831 | 179 000 | ||
Tokelau (Nieu-Seeland) |
– | 10 | 1 416 | ||
Tonga | Nukuʻalofa | 748 | 104 000 | ||
Tuvalu | Funafuti | 26 | 12 373 | ||
Wallis en Futuna (Frankryk) |
Matāʻutu | 274 | 13 445 |
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met Polinesië. |
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |