Pous Adrianus V | |
---|---|
Geboortenaam | Ottobuono Fieschi |
Pontifikaat begin | 11 Julie 1276 |
Pontifikaat eindig | 18 Augustus 1276 |
Voorganger | Innocentius V |
Opvolger | Johannes XXI |
Gebore | ± 1220 Genua, Italië |
Sterf | 18 Augustus 1276 Viterbo, Italië |
Ander pouse genaamd Adrianus |
Adrianus V was die 186ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 1276 van 11 Julie[1] tot 18 Augustus.
Pous Adrianus V[2] is gebore as Ottobuono Fieschi dei Conti di Lavagna (ook Ottobuono de' Fieschi) ongeveer in 1220 in Genua, Italië. Hy was 'n neef van Pous Innocentius IV wat hom in 1251 kardinaal-diaken van St. Adriano maak. Pous Clemens IV stuur hom as pouslike legaat na Engeland van Oktober 1265 tot Julie 1268 om op te roep tot 'n nuwe kruistog en die geskil tussen koning Hendrik III en sy baronne te besleg. Op 11 Julie 1276 volg hy Pous Innocentius V op deur die invloed van Karel van Anjou, maar sterf op 18 Augustus 1276 nog voor hy priester of biskop gewy is, of as pous gekroon is. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XXI. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Innocentius V |
Pous (Pontifex Maximus) 1276 – 1276 |
Opgevolg deur Johannes XXI |