Pous Gregorius XV | |
---|---|
Geboortenaam | Alessandro Ludovisi |
Pontifikaat begin | 9 Februarie 1621 |
Pontifikaat eindig | 8 Julie 1623 |
Voorganger | Paulus V |
Opvolger | Urbanus VIII |
Gebore | 9 Januarie 1554 Bologna, Italië |
Sterf | 8 Julie 1623 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Gregorius XV was die 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1621 tot 1623. Weens sy swak gesondheid stel hy sy nefie Ludovico Ludovisi aan as staatsekretaris en die regeer namens die pous.
Pous Gregorius XV [1]is gebore as Alessandro Ludovisi op 9 Januarie 1554 in Bologna, Italië. Hy was een van die sewe kinders van Pompeo Ludovisi, graaf van Samoggia en sy vrou Camilla Bianchini. Hy ontvang onderrig aan die Collegio Romano van die Jesuïte in Rome en studeer kerkreg en Romeinse reg aan die Universiteit van Bologna. Op 12 Maart 1612 stel Pous Paulus V hom aan as aartsbiskop van Bologna en stuur hom op 13 Augustus 1616 as nuntius na die hertog van Savoje om te bemiddel tussen Charles Emmanuel I, hertog van Savoje en koning Philip III van Spanje oor die markisaat van Montferrat. Op 19 September 1616 stel Pous Paulus V hom aan as kardinaal. Ludovisi bly in Bologna tot die dood van Pous Paulus. Op 9 Februarie 1621 volg hy Pous Paulus V op en word gekroon op 14 Februarie 1621 deur kardinaal Andrea Baroni Peretti Montalto. Hy regeer tot sy dood op 6 Julie 1623 en word opgevolg deur Pous Urbanus VIII. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
Pous Gregorius XV[2] word verkies deur die invloed van kardinaal Borghese tot 'n oorgangspous, weens sy ouderdom en sy swak gesondheid. Op die derde dag van sy pontifikaat stel hy sy neef Ludovico Ludovisi aan as kardinaal en staatsekretaris. Gelukkig vir die pous en die Kerk, het Ludovico hom goed van sy taak gekwyt, hoewel hy hom skuldig gemaak het aan nepotisme. Orazio 'n broer van die pous is aangestel as die aanvoerder van die pouslike troepe. Orazio is ook in die adelstand van Rome verhef en tot hertog van Fiano. 'n Ander broer word hertog van Zagarolo. 'n Tweede neef, Niccolò word prins van Piombino en Heer van Elba omdat hy trou met die erfgename op 30 Maart 1632.
Behalwe vir sy ondersteuning van keiser Ferdinand II en die Katolieke Liga teen die Protestante, met een miljoen goue dukate en sy steun vir die Poolse koning Sigismund III Wasa teen die Turke, het die pous nie ingemeng in die Europese politiek nie. Op 20 Maart 1623 vaardig hy sy konstitusie "Omnipotentis Dei" teen towenaars en hekse uit. Dit was die laaste pouslike geskrif teen heksery. Sy bulle "Aeterni Patris" van 15 November 1621 en "Decet Romanorum pontificem" van 12 Maart 1622 reguleer pouslike verkiesings. Op 6 Januarie 1622 stig hy die "Congregatio de propaganda fide" (Kongregasie vir die voortplanting van die geloof) met die bul "Inscrutabili divinae providentiae".
Pous Gregorius XV het ook Aloysius Gonzaga en Peter van Alcantara salig verklaar.
Pous Gregorius het elf nuwe kardinale (drie van hulle familielede) aangestel in vier konsistories.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Gregorius XV. |
Saamgestel en vertaal uit die nl:Paus Gregorius XV, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur Paulus V |
Pous (Pontifex Maximus) 1621 – 1623 |
Opgevolg deur Urbanus VIII |
Voorafgegaan deur Scipione Borghese |
Aartsbiskop van Bologna) 1612 – 1621 |
Opgevolg deur Ludovico Ludovisi |