Presley Chweneyagae | |
Geboorte | 19 Oktober 1984 Mafikeng |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Tsotsi |
Toekennings | Oscar |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Presley Chweneyagae (gebore 1984 in die Noordwesprovinsie, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir die hoofrol van die film Tsotsi, wat tydens die 78ste Oscar-toekenningsaand as die beste buitelandse rolprent bekroon is. Van sy ander bekende rolprente sluit in: More Than Just a Game (2007), State of Violence (2010) en Mandela: Long Walk to Freedom (2013). Sy ma, Agnes Keagile het hom na haar gunsteling sanger, Elvis Presley vernoem.[1]