Prudentius van Duyse of Prudens van Duyse (17 September1804, Dendermonde - 13 November1859, Gent) was 'n Vlaamseskrywer. Hy begin sy loopbaan as klerk van 'n notaris, maar studeer daarna regte aan die Universiteit van Gent waar hy in 1832 gradueer. In 1836 word hy argivaris van die stad Gent. Hy was die medestigter van die organisasie De tael is gansch het volk en was een van die pioniers van die Vlaamse beweging. Aan die begin van sy literêre loopbaan skryf hy sogenaamde "nasionale" poësie, maar sy eintlike debuut was met die gedig Lofdicht op de Nederlandsche taal wat hy in 1829 skryf. Hy publiseer sy beste gedigte in Het klaverblad (1848) en in Nazomer (1859).