Richard Cock (gebore in 1949) is 'n Suid-Afrikaans gebore musikant en dirigent wat tans in Johannesburg woonagtig is.
Cock is in 1949 in Port Elizabeth gebore. Hy het sy opleiding aan Woodridge Kollege in die Oos-Kaap en aan die Diocesan Kollege en die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad ontvang. Hy het in 1972 'n beurs van die Koninklike Skool van Kerkmusiek ontvang. [1]
Hy was 'n alto by die Chichester Katedraal voordat hy in 1978 assistent-orrelis geword het. [2]Soos gebruiklik was vir die assistent-orrelis van die katedraal, was hy ook direkteur van musiek by die Prebendal-skool, d.i. die katedraal se koorskool. Hy het ook die Chichester Cathedral Choristers Association(CCCA) gestig. [3]
Cock het in 1980 na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het sedertdien by die SAUK, as musiekdirekteur van die Nasionale Simfonieorkes van Suid-Afrika (1991-1999), en as musiekdirekteur van St. Mary's Katedraal , Johannesburg, gewerk. Hy is die huidige artistieke direkteur van die Johannesburgse Feesorkes.[4][5][6]
{{cite news}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
{{cite news}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Ian Fox |
Assistent Orrelis vir Chichester Katedraal 1978-1980 |
Opgevolg deur Kenneth Sweetman |