Rooiysterhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Ochnaceae |
Genus: | Ochna |
Spesie: | O. holstii
|
Binomiale naam | |
Ochna holstii Engl., (1894)
| |
Sinonieme | |
|
Die rooiysterhout (Ochna holstii) is 'n boom of 'n struik wat in Afrika voorkom. In Suid-Afrika word die spesie aangetref vanaf Oos-Londen en verder noordwaarts in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Hulle groei in woude en klowe en kom wydverspreid voor. Hulle word ook aangetref in 'n boog vanaf KwaZulu-Natal tot in Kimberley en ook in die rotsagtige berggedeeltes van Zimbabwe. Die boom is ook inheems in Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die boom se FSA-nommer is 480.[1]