Rosanna Davison

Rosanna Davison
Rosanna Davison in 2016
Gebore17 April 1984
County Dublin, Ierland
NasionaliteitFlag of Ireland Ierland
Bekend virMej. Wêreld 2003
EggenootWesley Quirk
Kinders3
Ouer(s)Chris de Burgh
Diane Davison

Rosanna Diane Davison (gebore 17 April 1984) is 'n Ierse aktrise, sangeres, skrywer, model en skoonheidskoningin wat as Mej Wêreld 2003 gekroon is. [1] Sy is die dogter van musikant Chris de Burgh, en die liedjie "For Rosanna" is deur haar pa geskryf vir sy 1986-album, Into the Light in haar eer.

Opvoeding

[wysig | wysig bron]

Davison is in County Dublin, Ierland, gebore. Haar laerskoolopleiding was by Aravon School, in County Wicklow. Sy het daarna die Rathdown School, Glenageary, County Dublin, bygewoon. Sy was klasprefek voordat sy gegradueer het en haar finale sertifikaateksamen in 2002 voltooi het.

Mejuffrou wêreld

[wysig | wysig bron]

In Augustus 2003 het sy vir die Mej. Ierland-finaal in Dublin ingeskryf, en na sy die kompetisie gewen het, kon sy meeding om die titel van Mej Wêreld. In Desember 2003 het Davison, saam met 106 ander deelnemers, aan die Mej Wêreld-kompetisie in Sanya, China, deelgeneem. Rosanna het die kroon gewen, die eerste Ierse deelnemer wat die Mej. Wêreld-titel wen sedert dit in 1951 begin het. Tydens Davison se bewind het sy die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Kanada, China en Sri Lanka besoek.[2]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Davison is in 2014 met Wesley Quirk getroud.[3] Hulle het hul wittebrood in die Seychelle gehou. Hulle het een dogter en tweelingseuns.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Miss World 2003". Pageantopolis.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2012. Besoek op 7 Oktober 2012.
  2. "Today's Fashion..." The Island. 1 April 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2017. Besoek op 2 Julie 2016.
  3. "No babies before our wedding day, insists Rosanna". Herald.ie. Besoek op 16 April 2015.
  4. "Rosanna Davison MSc on Instagram: "And the dreams that you dare to dream really do come true... our beautiful and healthy daughter Sophia…"". Instagram. Besoek op 22 November 2019.
Voorafgegaan deur
Azra Akın
Mej. Wêreld
2003
Opgevolg deur
Maria Julia Mantilla