Rosario Flores | |
![]() | |
Geboortenaam | Rosario del Carmen González Flores |
---|---|
Geboorte | 4 November 1963 Madrid, Spanje |
Nasionaliteit | Spaans |
Beroep(e) | Akteur, sangeres |
Aktiewe jare | 1992-teenswoordig |
Rosario del Carmen González Flores[1] beter bekend as Rosario Flores (Spaans:roˈsaɾjo floɾes; gebore op 4 November 1963) is 'n Spaanse aktrise en sangeres wat reeds twee keer die "Latynse Grammy toekenning" gewen het.
Sy is in Madrid, Spanje gebore as die dogter van Antonio González ('El Pescaílla') en die bekende sangeres Lola Flores. Sy is die suster van die sangeres Lolita Flores en die sanger-liedjieskrywer Antonio Flores. Sy het 'n dogter saam met haar gewese minnaar Carlos Orellana. Haar tweede seun, Pedro Antonio, is op 21 Januarie 2006 gebore, dieselfde dag as sy ouma, Lola Flores. Flores en Pedro Lazaga, haar minnaar en die vader van haar tweede seun, het in 2001 ontmoet tydens die verfilming van Pedro Almodóvar se rolprent Hable con ella.