| |||||
Volle naam | Ruan Pienaar | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 10 Maart 1984 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,87 m | ||||
Massa | 92 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Vername familie | Gysie Pienaar (vader) | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Huidige status | |||||
Posisie | Skrumskakel | ||||
Huidige span | Cheetahs/Vrystaat | ||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Heelagter, losskakel, skrumskakel | ||||
Springbokno. | 779 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010-2017 2017-2019 |
Ulster Montpellier |
141 28 |
(877) (161) | ||
korrek soos op 10 Julie 2022. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2004 2005–2012 2019- |
Vrystaat Natalse Haaie Vrystaat |
? 32 27 |
(?) (261) (241) | ||
korrek soos op 10 Julie 2022. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2005–2012 | Sharks | 67 | (240) | ||
korrek soos op 10 Julie 2022. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2006–2015 | Suid-Afrika | 88 | (135) | ||
korrek soos op 10 Julie 2022. |
Ruan Pienaar (gebore in Bloemfontein, 10 Maart 1984) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Springbokke gespeel het en sedert 2019 vir die Cheetahs op skrumskakel speel. Hy het voorheen die Sharks in Superrugby, die Natalse Haaie in die Curriebeker en die Ierse klubspan Ulster asook die Franse klubspan Montpellier in verskeie Europese kompetisies verteenwoordig. Hy was ’n lid van die seëvierende Springbokspan tydens die Rugbywêreldbeker 2007 en deel van Suid-Afrika se span tydens die 2011- en 2015-toernooie.
Hy het op Vrydag 17 Mei 2024 in sy laaste wedstryd gespeel toe die Cheetahs op Shimla Park kragte gemeet het teen die Griekwas. Dit was die 85ste keer wat hy die Vrystaatse span op die veld gelei het.
Pienaar is die seun van Gysie Pienaar, ook 'n voormalige Springbokrugbyspeler.