Rugbywêreldbeker 2003 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Australië |
Datums | 10 Oktober – 22 November |
Aantal nasies | 20 (88 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Engeland |
Naaswenner | Australië |
Derde plek | Nieu-Seeland |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 48 |
Bywoning | 1 837 547 (gem. 38 282 per wedstryd) |
Drieë | 329 (gemiddeld 6.85 per wedstryd) |
Meeste punte | Jonny Wilkinson (113)[1] |
Meeste drieë | Doug Howlett Mils Muliaina (7 drieë elk)[2] |
← 1999
|
2007 →
|
Die Rugbywêreldbeker 2003 (Engels: 2003 Rugby World Cup) is van 10 Oktober tot 22 November 2003 in Australië beslis. Oorspronklik was ook wedstryde in Nieu-Seeland beplan, maar ná ’n dispuut tussen die Nieu-Seelandse Rugbyunie en die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) is dié plan laat vaar. Dit was die vyfde rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die IRR aangebied word en die derde in die Suidelike Halfrond. Australië het met Nieu-Seeland die eerste Rugbywêreldbeker 1987 saam gehuisves.
20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2003 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1999-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die twaalf beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Georgië, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Samoa, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2003 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het (altesaam agt spanne), het ook regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer.
Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2003 is Engeland, Nieu-Seeland, Frankryk, Australië en Suid-Afrika as gunstelinge op die titel beskou.[3][4] Engeland het die eindstryd op Telstra-stadion in Sydney teen die verdedigende kampioen en gasheer Australië met 20–17 gewen, nadat ’n bykomende tien minute ekstra tyd toegestaan is toe die telling 17–17 was, en sodoende sy eerste wêreldtitel ingepalm. Engeland het daarmee die eerste nasionale rugbyspan van die Noordelike Halfrond geword om die toernooi te wen. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 die tweede wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2019 het ook die krieketwêreldbekertitel gevolg. Nieu-Seeland het in die derde en Frankryk in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig. Suid-Afrika is in die kwarteindrondte deur Nieu-Seeland met 9–29 uitgeskakel; Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Die Georgiese nasionale rugbyspan het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Rudie van Vuuren, wat vir Namibië gespeel het, het voorheen met dié land se nasionale krieketspan ook aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, waardeur hy die eerste sportlui geword het wat in dieselfde jaar in twee verskillende sportkodes aan wêreldbekertoernooie deelgeneem het.[5]
Die Rugbywêreldbeker 2003 het om verskeie redes geskiedenis gemaak: nadat die Rugbywêreldbeker 1999 se ingewikkelde formaat met vyf groepe van vier spanne elk en die uitspeelrondte gekritiseer is, is vir die Rugbywêreldbeker 2003 ’n eenvoudiger formaat gebruik, waarvolgens die 20 spanne in vier groepe van vyf elk verdeel is. Vervolgens was dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi waartydens 48 wedstryde gespeel is. Daarbenewens is vir die eerste keer in die groepfase die bonuspuntstelsel gebruik vir die druk van vier of meer drieë of ’n nederlaag met sewe of minder punte. Die toernooi was volgens die ekonomiese impak die tweede grootste sportgebeurtenis wat ooit in Australië aangebied is ná die Olimpiese Somerspele 2000, groter as die Melbourne Lentewedrenkarnaval 2002, die Australiese Grand Prix en die Australiese Ope. Die organiseerders het 65 000 oorsese besoekers verwag wat na Australië vir die aangeleentheid sou reis.[6] Die gasheer en verdedigende kampioen Australië het die eerste span geword wat daarin geslaag het om vir ’n derde keer in ’n eindstryd te verskyn. Die Rugbywêreldbeker 2003 het ook die opkoms van Georgië, wat sedertdien vir elke rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer het, gesien.[7] Die Rugbywêreldbeker 2003 is tot dusver die enigste toernooi waartydens geen speler ’n rooikaart gesien het nie.[8]
Die Rugbywêreldbeker 2003 is oorspronklik aan beide Australië en Nieu-Seeland toegewys. Ná ’n kontraktuele dispuut oor grondtekenregte tussen die Nieu-Seelandse Rugbyunie en die IRR is aan Australië die alleenlike gasheerreg vir die Rugbywêreldbeker 2003 toegestaan.[9] Nieu-Seeland sou oorspronklik 23 van die 48 wedstryde huisves, maar Nieu-Seeland se aandringing op die wysiging van die bepalings rakende stadionadvertensies was onaanvaarbaar vir die IRR.[10] Daarmee het dit ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika die tweede rugbywêreldbekertoernooi geword wat geheel en al in een land aangebied is.
20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 2003 gekwalifiseer. Die agt kwarteindstrydfinaliste van die Rugbywêreldbeker 1999 – Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis – het almal regstreeks gekwalifiseer, terwyl die res van die spanne moes kwalifiseer tydens ’n reeks kompetisies wat regoor die wêreld gehou is. Tien van die twintig posisies wat in die toernooi beskikbaar was, is gevul deur streekskwalifiseerders, terwyl die oorblywende twee posisies deur heruitdunning gevul is. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Vier plekke is vir die nasionale spanne van Europa gereserveer, twee plekke elk vir die Amerikas en Oseanië en een elk vir Afrika en Asië. Die twee oorblywende plekke is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte beslis. As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 88 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Australië.[11]
In Julie 2002 is Fidji en Samoa bevestig as kwalifiseerders van Oseanië, as onderskeidelik Oseanië 1 en 2.[12] In dieselfde maand het Japan die enigste Asiatiese toekenning gewen nadat hulle die Republiek China met 120–3 in Tainan verslaan het.[13] In Augustus van dieselfde jaar het Kanada as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle Chili met 27–6 in Calgary verslaan het.[14] Amerikas 2 is in September gevul toe Uruguay Chili met 34–23 in Montevideo geklop het.[15] In daardie maand het Italië in die Europese kwalifisering se Groep A as Europa 2 gekwalifiseer toe hulle Roemenië met 25–17 in Parma geklop het; Roemenië het Spanje met 67–6 in Iași geklop en daarmee ook vir die Rugbywêreldbeker 2003 gekwalifiseer as Europa 3. In Groep B het Ierland Georgië met 63–14 in Dublin verslaan om eerste plek in die land se kwalifiseringsgroep te behaal en gekwalifiseer as Europa 1; Georgië het Rusland met 17–13 in Tbilisi geklop en as Europa 4 gekwalifiseer.[16] Namibië het vir sy tweede agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe die span Tunisië oor twee seksies in November geklop het.[17]
Aanvanklik het Rusland die Europese uitspeelwedstryd teen Spanje met ’n algehele telling van 58–41 gewen, maar omdat die Russe drie uitgeslote Suid-Afrikaanse spelers ingespan het, is hulle van die kwalifisering uitgesluit en Spanje het pleks van Rusland gevorder.[18] Die Verenigde State het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Spanje geklop het. Die finale plek in Groep C het na Tonga gegaan nadat die span Korea in twee wedstryde gemaklik met 194–0 geklop het.[19]
Die volgende 20 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer. Georgië, wat Spanje vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1999. Georgië het ook vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Australië | Gasheer | Vyfde | 1999 | Kampioen (1991, 1999) | A |
Argentinië | Regstreeks | Vyfde | 1999 | Kwarteindrondte (1999) | A |
Engeland | Vyfde | 1999 | Naaswenner (1991) | C | |
Frankryk | Vyfde | 1999 | Naaswenner (1987, 1999) | B | |
Nieu-Seeland | Vyfde | 1999 | Kampioen (1987) | D | |
Skotland | Vyfde | 1999 | Vierde plek (1991) | B | |
Suid-Afrika | Derde | 1999 | Kampioen (1995) | C | |
Wallis | Vyfde | 1999 | Derde plek (1987) | D | |
Fidji | Oseanië 1 | Vierde | 1999 | Kwarteindrondte (1987) | B |
Georgië | Europa 4 | Eerste | – | Debuut | C |
Ierland | Europa 1 | Vyfde | 1999 | Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995) | A |
Italië | Europa 2 | Vyfde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999) | D |
Japan | Asië 1 | Vyfde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999) | B |
Kanada | Amerikas 1 | Vyfde | 1999 | Kwarteindrondte (1991) | D |
Namibië | Afrika 1 | Tweede | 1999 | Groepfase (1999) | A |
Roemenië | Europa 1 | Vyfde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999) | A |
Samoa | Oseanië 2 | Vierde | 1999 | Kwarteindrondte (1991, 1995) | C |
Tonga | Uitspeelwenner 2 | Vierde | 1999 | Groepfase (1987, 1995, 1999) | D |
Uruguay | Amerikas 2 | Tweede | 1999 | Groepfase (1999) | C |
Verenigde State | Uitspeelwenner 1 | Vierde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1999) | B |
Die 48 wedstryde is op elf verskillende stadions dwarsdeur Australië aangebied, waarvan die meeste langs die ooskus. Die algehele stadionkapasiteit was 421 311, ’n vermindering teenoor die Rugbywêreldbeker 1999 in Wallis (met wedstryde wat ook in Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland gehou is) met ’n algehele kapasiteit van 654 677 oor 18 plekke.
Adelaide-ovaal, weliswaar ’n krieketstadion, is met die oog op die Rugbywêreldbeker 2003 opgeknap en twee pawiljoene langsaan die Victor Richardson-hekke is bygevoeg. Die koste van AU$ 20 miljoen is deur die Suid-Australiese Krieketvereniging gedra.[20] Langpark in Brisbane is nuut opgerig en op rugby- asook sokkerwedstryde gespesialiseer. Die boukoste het sowat AU$ 280 miljoen beloop en dié stadion is enkele dae voor die begin van die toernooi ingewy. Die nuwe stadion se kapasiteit van 52 000 was 12 000 meer as dié van die ou Langpark.[21] Die Central Coast-stadion in Gosford is in Februarie 2000 ingewy en ook op rugby en sokker gespesialiseer; die boukoste het sowat 30 miljoen AUD beloop.[22]
Sydney se wedstryde is in twee stadions aangebied. Die Aussiestadion het tydens die Olimpiese Somerspele 2000 se sokkertoernooi as hoofstadion gedien.[23] Die Telstrastadion in die Olimpiese Park in Sydney was die Olimpiese Stadion tydens die Olimpiese Spele. Die boukoste het sowat AU$ 690 miljoen beloop; die stadion is die tweede grootste in Australië, net ná die Melbourne-krieketveld. Met ’n kapasiteit van 83 500 was dit die grootste stadion gedurende die Rugbywêreldbeker 2003 (dié stadion het ’n oorspronklike kapasiteit van 110 000 gehad en ná die Olimpiese Spele ’n herontwikkeling van 2001 tot 2003 ondergaan). Die Telstrastadion in Melbourne is die enigste stadion met ’n sondak. Hoewel die Telstrastadion oor beweegbare sitplekke beskik wat vier dele van die onderste bak met 18 meter vorentoe kan beweeg om die veld ’n meer reghoekige omringing te gee, is dit nie tydens die Rugbywêreldbeker 2003 gebruik nie, aangesien dit die stadion se kapasiteit met sowat 3 500 verminder.[24]
Die Rugbywêreldbeker 2003 is oor 42 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 10 Oktober 2003 op die Aussiestadion in Sydney met die openingswedstryd tussen die gasheer Australië en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 22 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Rose die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2003 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 lande wat in vier groepe van vyf spanne elk gedeel is. Die loting vir die groepfase was op 20 Mei 2002 in die Sydney-opera waar die agt regstreekse kwalifiseerders in twee groepe gedeel is na aanleiding van hul prestasies tydens die 1999-toernooi.
In die lootstelsel is die agt regstreekse kwalifiseerders uit 1999 op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys, gebaseer op hul prestasies tydens die Rugbywêreldbeker 1999:
Dit beteken dat die agt regstreekse kwalifiseerders soos volg gekeur is (volgens hul 1999-prestasies):[25]
Groep 1 | Groep 2 |
---|---|
|
|
Ná die loting op 20 Mei 2002 lyk die groepe soos volg:[26]
Groep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Australië[n 1][n 2] |
Anders as tydens die Rugbywêreldbeker 1999 is die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aantal Bonuspunte gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die aantal Bonuspunte bepaal.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[27]
Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.
Die eerste kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2003 is op 19 Oktober 2002 vrygestel.[28] Sowat twee miljoen toeskouers het die rugbywêreldbekerwedstryde bygewoon.[29] Altesaam is daar sowat 1,8 miljoen kaartjies vir die 48 wedstryde verkoop, waarmee elke wedstryd gemiddeld 38 282 toeskouers gelok het.[30]
Die wêreldwye vennote van die toernooi was Coca-Cola, Heineken, Visa, Qantas, British Airways, Telstra en Bundaberg Rum, en die amptelike borge sluit in Suncorp, Peugeot en Lloyds TSB.[31] Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Xact-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995) en Revolution-balle (1999) vir vorige toernooie verskaf het.[32] Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Reebok, Jacobs Creek, Super Odds, Allens Arthur Robinson, Unysis, Sony, Rugby Logistics en Rugby Hospitality.[31]
’n Paneel van 16 skeidsregters en agt lynregters en televisieskeidsregters is vir die toernooi ingespan.[33]
|
|
|
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2007. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2007 mis. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring en regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer.
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 4 | 4 | 0 | 0 | 273 | 32 | +241 | 38 | 2 | 18 |
Ierland | 4 | 3 | 0 | 1 | 141 | 56 | +85 | 17 | 3 | 15 |
Argentinië | 4 | 2 | 0 | 2 | 140 | 57 | +83 | 18 | 3 | 11 |
Roemenië | 4 | 1 | 0 | 3 | 65 | 192 | −127 | 8 | 1 | 5 |
Namibië | 4 | 0 | 0 | 4 | 4 | 310 | −282 | 28 | 0 | 0 |
10 Oktober 2003 | Australië | 24–8 | Argentinië | Aussiestadion, Sydney | |
20:30 (AEST) | Drieë: Wendell Sailor, Joe Roff Doelskop: Elton Flatley Strafdoele: Elton Flatley (4) |
Verslag | Drie: Ignacio Corleto Strafdoel: Manuel Contepomi Kaart: Manuel Contepomi 23' tot 33' |
Bywoning: 81 350 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
11 Oktober 2003 | Ierland | 45–17 | Roemenië | Central Coast, Gosford | |
17:00 (AEST) | Drieë: Shane Horgan, Keith Wood, Denis Hickie (2), Victor Costello Doelskoppe: David Humphreys (3), Ronan O’Gara Strafdoele: David Humphreys (4) |
Verslag | Drie: Strafdrie, Valentin Maftei Doelskoppe: Ionuț Tofan, Iulian Andrei Strafdoel: Ionuț Tofan |
Bywoning: 19 193 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
|
14 Oktober 2003 | Argentinië | 67–14 | Namibië | Central Coast, Gosford | |
19:30 (AEST) | Drieë: Federico Méndez, Pablo Bouza (2), Juan Fernández Miranda, Strafdrie (2), Martín Gaitán (3), Nicolás Fernández Miranda Doelskoppe: Gonzalo Quesada (7) Strafdoel: Gonzalo Quesada |
Verslag | Drieë: Du Preez Grobler, Hakkies Husselman Doelskoppe: Emile Wessels (2) |
Bywoning: 17 887 Skeidsregter: Nigel Williams (Wal) | |
|
18 Oktober 2003 | Australië | 90–8 | Roemenië | Langpark, Brisbane | |
16:00 (AEST) | Drieë: Elton Flatley, Mat Rogers (3), Matt Burke (2), Stephen Larkham (2), Stirling Mortlock, Joe Roff, Matt Giteau, Lote Tuqiri, George Smith Doelskoppe: Elton Flatley (11) Strafdoel: Elton Flatley |
Verslag | Drie: Petrișor Toderașc Strafdoel: Ionuț Tofan Kaart: Valentin Maftei 57' tot 67' |
Bywoning: 48 778 Skeidsregter: Pablo De Luca (Arg) | |
|
19 Oktober 2003 | Ierland | 64–7 | Namibië | Aussiestadion, Sydney | |
20:00 (AEST) | Drieë: Alan Quinlan (2), Girvan Dempsey, Denis Hickie, Marcus Horan, Eric Miller (2), Guy Easterby, Shane Horgan, John Kelly Doelskoppe: Ronan O’Gara (7) |
Verslag | Drie: Corne Powell Doelskop: Emile Wessels Kaart: Heino Senekal 21' tot 31' |
Bywoning: 35 382 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
|
22 Oktober 2003 | Argentinië | 50–3 | Roemenië | Aussiestadion, Sydney | |
20:30 (AEST) | Drieë: Martín Gaitán, Juan Martín Hernández (2), Manuel Contepomi, Nicolás Fernández Miranda, Pablo Bouza (2) Doelskoppe: Juan Fernández Miranda (4), Gonzalo Quesada (2) Strafdoel: Juan Fernández Miranda |
Verslag | Strafdoel: Ionuț Tofan | Bywoning: 33 673 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
25 Oktober 2003 | Australië | 142–0 | Namibië | Adelaide-ovaal, Adelaide | |
15:30 (AEST) | Drieë: Chris Latham (5), David Lyons, Stirling Mortlock, Lote Tuqiri (3), Strafdrie, Mat Rogers (2), Jeremy Paul, Matt Giteau (3), Nathan Grey, Morgan Turinui (2), Matt Burke, John Roe Doelskoppe: Mat Rogers (16) |
Verslag | Bywoning: 28 196 Skeidsregter: Joël Jutge (Fra) | ||
|
26 Oktober 2003 | Argentinië | 15–16 | Ierland | Adelaide-ovaal, Adelaide | |
18:00 (ACDT) | Strafdoele: Gonzalo Quesada (3) Skepdoele: Gonzalo Quesada, Ignacio Corleto |
Verslag | Drie: Alan Quinlan Doelskop: David Humphreys Strafdoele: David Humphreys, Ronan O’Gara (2) |
Bywoning: 28 803 Skeidsregter: André Watson (RSA) | |
30 Oktober 2003 | Namibië | 7–37 | Roemenië | Yorkpark, Launceston | |
20:00 (AEDT) | Drie: Eben Isaacs Doelskop: Emile Wessels |
Verslag | Drieë: Augustin Petrichei, Lucian Sîrbu, George Chiriac, Ioan Teodorescu, Cristian Săuan Doelskoppe: Ionuț Tofan (3) Strafdoele: Ionuț Tofan (2) |
Bywoning: 15 457 Skeidsregter: Peter Marshall (Aus) | |
|
1 November 2003 | Australië | 17–16 | Ierland | Telstra Dome, Melbourne | |
20:35 (AEDT) | Drie: George Smith Strafdoele: Elton Flatley (3) Skepdoel: George Gregan Kaart: Mat Rogers 41' tot 51' |
Verslag | Drie: Brian O’Driscoll Doelskop: Ronan O’Gara Strafdoele: Ronan O’Gara (2) Skepdoel: Brian O’Driscoll Kaart: Shane Horgan 41' tot 51' |
Bywoning: 54 206 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 4 | 4 | 0 | 0 | 204 | 70 | +134 | 23 | 4 | 20 |
Skotland | 4 | 3 | 0 | 1 | 102 | 97 | +5 | 11 | 2 | 14 |
Fidji | 4 | 2 | 0 | 2 | 98 | 114 | −16 | 10 | 2 | 10 |
Verenigde State | 4 | 1 | 0 | 3 | 86 | 125 | −39 | 9 | 2 | 6 |
Japan | 4 | 0 | 0 | 4 | 79 | 163 | −84 | 6 | 0 | 0 |
11 Oktober 2003 | Frankryk | 61–18 | Fidji | Langpark, Brisbane | |
19:30 (AEST) | Drieë: Christophe Dominici (2), Imanol Harinordoquy, Yannick Jauzion (3), Raphaël Ibañez Doelskoppe: Frédéric Michalak (4) Strafdoele: Frédéric Michalak (6) Kaart: Rupeni Caucaunibuca 64' tot 74' |
Verslag | Drieë: Apenisa Naevo, Rupeni Caucaunibuca Doelskop: Nicky Little Strafdoele: Nicky Little (2) Kaart: Olivier Magne 64' tot 74' |
Bywoning: 46 795 Skeidsregter: Alain Rolland (Irl) | |
|
12 Oktober 2003 | Skotland | 32–11 | Japan | Dairy Farmers, Townsville | |
20:00 (AEST) | Drieë: Chris Paterson (2), Stuart Grimes, Simon Taylor, Simon Danielli Doelskoppe: Chris Paterson, Gregor Townsend Strafdoel: Chris Paterson |
Verslag | Drie: Hirotoki Onozawa Strafdoele: Keiji Hirose (2) |
Bywoning: 19 170 Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus) | |
|
15 Oktober 2003 | Fidji | 19–18 | Verenigde State | Langpark, Brisbane | |
17:00 (AEST) | Drie: Apenisa Naevo Doelskop: Nicky Little Strafdoele: Nicky Little (4) |
Verslag | Drieë: Riaan van Zyl, Kort Schubert Doelskop: Mike Hercus Strafdoele: Mike Hercus (2) |
Bywoning: 30 990 Skeidsregter: Joël Jutge (Fra) | |
|
18 Oktober 2003 | Frankryk | 51–29 | Japan | Dairy Farmers, Townsville | |
19:06 (AEST) | Drieë: Frédéric Michalak, Aurélien Rougerie (2), Fabien Pelous, Christophe Dominici, Jean-Jacques Crenca Doelskoppe: Frédéric Michalak (5), Gérald Merceron Strafdoele: Frédéric Michalak (3) |
Verslag | Drieë: George Konia, Daisuke Ohata Doelskoppe: Toru Kurihara (2) Strafdoele: Toru Kurihara (5) |
Bywoning: 21 309 Skeidsregter: Alan Lewis (Irl) | |
20 Oktober 2003 | Skotland | 39–15 | Verenigde State | Langpark, Brisbane | |
19:30 (AEST) | Drieë: Simon Danielli (2), Gavin Kerr, Gregor Townsend, Chris Paterson Doelskoppe: Chris Paterson (4) Strafdoele: Chris Paterson (2) Kaart: Tom Smith 41' tot 51' |
Verslag | Strafdoele: Mike Hercus (5) Kaart: Paul Emerick 64' tot 74' |
Bywoning: 46 796 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
23 Oktober 2003 | Fidji | 41–13 | Japan | Dairy Farmers, Townsville | |
20:07 (AEST) | Drieë: Aisea Tuilevu (2), Norman Ligairi (2), Marika Vunibaka Doelskoppe: Nicky Little (2) Strafdoele: Nicky Little (3), Waisale Serevi Kaart: Bill Gadolo 79' tot 80+' |
Verslag | Drie: Andrew Miller Doelskop: Andrew Miller Strafdoel: Andrew Miller Skepdoel: Andrew Miller |
Bywoning: 17 269 Skeidsregter: Nigel Williams (Wal) | |
|
25 Oktober 2003 | Frankryk | 51–9 | Skotland | Telstra-stadion, Sydney | |
20:30 (AEST) | Drieë: Serge Betsen, Imanol Harinordoquy, Frédéric Michalak, Fabien Galthié, Nicolas Brusque Doelskoppe: Frédéric Michalak (4) Strafdoele: Frédéric Michalak (4) Skepdoele: Frédéric Michalak, Nicolas Brusque |
Verslag | Strafdoele: Chris Paterson (3) | Bywoning: 78 974 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
|
27 Oktober 2003 | Japan | 26–39 | Verenigde State | Central Coast, Gosford | |
19:30 (AEDT) | Drieë: Toru Kurihara, Daisuke Ohata Doelskoppe: Toru Kurihara (2) Strafdoele: Toru Kurihara (4) |
Verslag | Drieë: Mike Hercus, Philip Eloff, Kort Schubert, Riaan van Zyl, Kirk Khasigian Doelskoppe: Mike Hercus (4) Strafdoele: Mike Hercus (2) |
Bywoning: 19 653 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
31 Oktober 2003 | Frankryk | 41–14 | Verenigde State | WIN-stadion, Wollongong | |
19:30 (AEDT) | Drieë: Brian Liebenberg (3), Jean-Baptiste Poux, Yannick Bru Doelskoppe: Gérald Merceron (2) Strafdoele: Gérald Merceron (3) Skepdoel: Dimitri Yachvili Kaart: Sebastien Chabal 76' tot 80+' |
Verslag | Drieë: Mike Hercus, Kort Schubert Doelskoppe: Mike Hercus (2) |
Bywoning: 17 833 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
|
1 November 2003 | Skotland | 22–20 | Fidji | Aussiestadion, Sydney | |
16:00 (AEDT) | Drie: Tom Smith Doelskop: Chris Paterson Strafdoele: Chris Paterson (5) |
Verslag | Drieë: Rupeni Caucaunibuca (2) Doelskoppe: Nicky Little (2) Strafdoele: Nicky Little (2) Kaart: Apenisa Naevo 76' tot 80+' |
Bywoning: 37 137 Skeidsregter: Tony Spreadbury (Eng) | |
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 255 | 47 | +208 | 34 | 3 | 19 |
Suid-Afrika | 4 | 3 | 0 | 1 | 184 | 60 | +124 | 26 | 3 | 15 |
Samoa | 4 | 2 | 0 | 2 | 138 | 117 | +21 | 18 | 2 | 10 |
Uruguay | 4 | 1 | 0 | 3 | 56 | 255 | −199 | 6 | 0 | 4 |
Georgië | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 200 | −154 | 1 | 0 | 0 |
11 Oktober 2003 | Suid-Afrika | 72–6 | Uruguay | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Drieë: Joost van der Westhuizen (3), Joe van Niekerk, Bakkies Botha (2), Thinus Delport, Jaque Fourie, Richard Bands, Danie Rossouw, Hendro Scholtz, Werner Greeff Doelskoppe: Louis Koen (5), Derick Hougaard |
Verslag | Strafdoele: Diego Aguirre (2) | Bywoning: 16 906 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
12 Oktober 2003 | Engeland | 84–6 | Georgië | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Drieë: Mike Tindall, Matt Dawson, Steve Thompson, Neil Back, Lawrence Dallaglio, Will Greenwood (2), Mark Regan, Ben Cohen (2), Jason Robinson, Dan Luger Doelskoppe: Jonny Wilkinson (5), Paul Grayson (4) Strafdoele: Jonny Wilkinson (2) |
Verslag | Strafdoele: Malkhas Oerjoekasjwili, Paliko Jimsjeladse | Bywoning: 25 501 Skeidsregter: Pablo De Luca (Arg) | |
|
15 Oktober 2003 | Samoa | 60–13 | Uruguay | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Drieë: Maurie Fa’asavalu (2), Brian Lima (2), Sailosi Tagicakibau, Lome Fa’atau, Simon Lemalu, Tanner Vili, Dominic Feau ’nati, Opeta Palepoi Doelskoppe: Earl Va’a (3), Paul Tanner Vili (2) Kaart: Lome Fa’atau 74' tot 80+' |
Verslag | Drieë: Rodrigo Capó Ortega, Pablo Lemoine Strafdoel: Diego Aguirre |
Bywoning: 22 020 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
|
18 Oktober 2003 | Suid-Afrika | 6–25 | Engeland | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Strafdoele: Louis Koen (2) | Verslag | Drie: Will Greenwood Doelskop: Jonny Wilkinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (4) Skepdoele: Jonny Wilkinson (2) |
Bywoning: 38 834 Skeidsregter: Peter Marshall (Aus) | |
19 Oktober 2003 | Georgië | 9–46 | Samoa | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Strafdoele: Paliko Jimsjeladse (2) Skepdoel: Paliko Jimsjeladse Kaart: Irakli Machkhaneli 46' tot 56' |
Verslag | Drieë: Sailosi Tagicakibau, Earl Va’a, Semo Sititi, Steven So’oialo, Dominic Feau ’nati, Brian Lima Doelskoppe: Earl Va’a (5) Strafdoele: Earl Va’a (2) |
Bywoning: 21 507 Skeidsregter: Alain Rolland (Irl) | |
|
24 Oktober 2003 | Suid-Afrika | 46–19 | Georgië | Aussiestadion, Sydney | |
20:00 (AWST) | Drieë: Danie Rossouw (2), Derick Hougaard, Joe van Niekerk, Jaque Fourie, Bakkies Botha, Schalk Burger Doelskoppe: Derick Hougaard (4) Strafdoel: Derick Hougaard Kaart: Hendro Scholtz 53' tot 63' |
Verslag | Drie: Dawid Dadoenasjwili Doelskop: Paliko Jimsjeladse Strafdoele: Paliko Jimsjeladse (3), Merab Kwirikasjwili Kaart: Merab Kwirikasjwili 73' tot 80+' |
Bywoning: 34 308 Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus) | |
|
26 Oktober 2003 | Engeland | 35–22 | Samoa | Telstra Dome, Melbourne | |
20:30 (AEDT) | Drieë: Neil Back, Strafdrie, Iain Balshaw, Phil Vickery Doelskoppe: Jonny Wilkinson (3) Strafdoele: Jonny Wilkinson (2) Skepdoel: Jonny Wilkinson |
Verslag | Drie: Semo Sititi Doelskop: Earl Va’a Strafdoele: Earl Va’a (5) |
Bywoning: 50 647 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
|
28 Oktober 2003 | Georgië | 12–24 | Uruguay | Aussiestadion, Sydney | |
19:30 (AEDT) | Strafdoele: Malkhas Oerjoekasjwili, Merab Kwirikasjwili (3) | Verslag | Drieë: Alfonso Cardoso, Diego Lamelas, Nicolas Brignoni Doelskoppe: Diego Aguirre (2), Juan Menchaca Strafdoel: Juan Menchaca |
Bywoning: 28 576 Skeidsregter: Kelvin Deaker (NZL) | |
|
1 November 2003 | Suid-Afrika | 60–10 | Samoa | Langpark, Brisbane | |
17:30 (AEST) | Drieë: Joe van Niekerk, Jorrie Muller, Derick Hougaard, Juan Smith, Ashwin Willemse, Jaque Fourie, Jaco van der Westhuyzen, Neil de Kock Doelskoppe: Derick Hougaard (5), Louis Koen (2) Strafdoel: Derick Hougaard Skepdoel: Derick Hougaard |
Verslag | Drie: Opeta Palepoi Doelskop: Earl Va’a Strafdoel: Earl Va’a |
Bywoning: 48 496 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
2 November 2003 | Engeland | 111–13 | Uruguay | Langpark, Brisbane | |
17:30 (AEST) | Drieë: Lewis Moody, Josh Lewsey (5), Iain Balshaw (2), Mike Catt (2), Andy Gomarsall (2), Dan Luger, Stuart Abbott, Jason Robinson (2), Will Greenwood Doelskoppe: Paul Grayson (11), Mike Catt (2) Kaart: Joe Worsley 78' tot 80+' |
Verslag | Drie: Pablo Lemoine Doelskop: Juan Menchaca Strafdoele: Juan Menchaca (2) |
Bywoning: 46 233 Skeidsregter: Nigel Whitehouse (Wal) | |
|
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 282 | 57 | +225 | 42 | 4 | 20 |
Wallis | 4 | 3 | 0 | 1 | 132 | 98 | +34 | 14 | 2 | 14 |
Italië | 4 | 2 | 0 | 2 | 77 | 123 | −46 | 5 | 0 | 8 |
Kanada | 4 | 1 | 0 | 3 | 54 | 135 | −81 | 4 | 1 | 5 |
Tonga | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 178 | −132 | 7 | 1 | 1 |
11 Oktober 2003 | Nieu-Seeland | 70–7 | Italië | Telstra Dome, Melbourne | |
14:30 (AEST) | Drieë: Brad Thorn, Reuben Thorne, Doug Howlett (2), Carlos Spencer (2), Joe Rokocoko (2), Justin Marshall, Dan Carter, Leon MacDonald Doelskoppe: Dan Carter (6) Strafdoel: Carlos Spencer |
Verslag | Drie: Matthew Phillips Doelskop: Gert Peens |
Bywoning: 40 715 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
12 Oktober 2003 | Wallis | 41–10 | Kanada | Telstra Dome, Melbourne | |
18:00 (AEST) | Drieë: Sonny Parker, Gareth Cooper, Mark Jones, Colin Charvis, Gareth Thomas Doelskoppe: Iestyn Harris (5) Strafdoele: Iestyn Harris (2) Kaarte: Sonny Parker 9' tot 19', Colin Charvis 71' tot 80+' |
Verslag | Drie: Kevin Tkachuk Doelskop: James Pritchard Skepdoel: Bob Ross |
Bywoning: 24 874 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
15 Oktober 2003 | Italië | 36–12 | Tonga | Canberrastadion, Canberra | |
19:30 (AEST) | Drieë: Manuel Dallan, Denis Dallan (2) Doelskoppe: Rima Wakarua-Noema (3) Strafdoele: Rima Wakarua-Noema (5) Kaart: Fabio Ongaro 69' tot 79' |
Verslag | Drieë: John Payne, Tevita Tu’ifua Doelskop: Sateki Tuipulotu Kaarte: Ipolito Fenukitau 2' tot 12', Milton Ngauamo 67' tot 77' |
Bywoning: 18 967 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
|
17 Oktober 2003 | Nieu-Seeland | 68–6 | Kanada | Telstra Dome, Melbourne | |
19:30 (AEST) | Drieë: Caleb Ralph (2), Rodney So’oialo (2), Mils Muliaina (4), Kees Meeuws, Ma’a Nonu Doelskoppe: Dan Carter (9) Kaart: Chris Jack 79' tot 80+' |
Verslag | Strafdoele: Jared Barker (2) | Bywoning: 38 899 Skeidsregter: Tony Spreadbury (Eng) | |
|
19 Oktober 2003 | Wallis | 27–20 | Tonga | Canberrastadion, Canberra | |
18:00 (AEST) | Drieë: Gareth Cooper, Martyn Williams Doelskop: Stephen Jones Strafdoele: Stephen Jones (4) Skepdoel: Martyn Williams |
Verslag | Drieë: Pierre Hola, Benhur Kivalu, Heamani Lavaka Doelskop: Pierre Hola Strafdoel: Pierre Hola |
Bywoning: 19 806 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
21 Oktober 2003 | Italië | 19–14 | Kanada | Canberrastadion, Canberra | |
19:30 (AEST) | Drie: Sergio Parisse Doelskop: Rima Wakarua-Noema Strafdoele: Rima Wakarua-Noema (4) Kaart: Fabio Ongaro 79' tot 80+' |
Verslag | Drie: Quentin Fyffe Strafdoele: Jared Barker (3) Kaart: Marco di Girolomo 51' tot 61' |
Bywoning: 20 515 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
24 Oktober 2003 | Nieu-Seeland | 91–7 | Tonga | Langpark, Brisbane | |
17:30 (AEST) | Drieë: Daniel Braid, Dan Carter, Corey Flynn, Caleb Ralph (2), Carlos Spencer, Kees Meeuws, Strafdrie, Mils Muliaina (2), Leon MacDonald, Doug Howlett (2) Doelskoppe: Leon MacDonald (12), Carlos Spencer |
Verslag | Drie: Pierre Hola Doelskop: Sateki Tuipulotu Kaart: Sila Va’enuku 67' tot 77' |
Bywoning: 47 588 Skeidsregter: Pablo De Luca (Arg) | |
|
25 Oktober 2003 | Italië | 15–27 | Wallis | Canberrastadion, Canberra | |
18:30 (AEST) | Strafdoele: Rima Wakarua-Noema (5) | Verslag | Drieë: Mark Jones, Sonny Parker, Dafydd Jones Doelskoppe: Iestyn Harris (3) Strafdoele: Iestyn Harris (2) |
Bywoning: 22 641 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
29 Oktober 2003 | Kanada | 24–7 | Tonga | WIN-stadion, Wollongong | |
19:30 (AEDT) | Drieë: Sean Fauth, Aaron Abrams Doelskop: James Pritchard Strafdoele: Bob Ross (4) |
Verslag | Drie: Inoke Afeaki Doelskop: Pierre Hola Kaart: David Palu 80' tot 80+' |
Bywoning: 15 630 Skeidsregter: Alain Rolland (Irl) | |
|
2 November 2003 | Nieu-Seeland | 53–37 | Wallis | Telstra-stadion, Sydney | |
20:35 (AEDT) | Drieë: Joe Rokocoko (2), Leon MacDonald, Ali Williams, Doug Howlett (2), Carlos Spencer, Aaron Mauger Doelskoppe: Leon MacDonald (5) Strafdoel: Leon MacDonald |
Verslag | Drieë: Mark Taylor, Sonny Parker, Colin Charvis, Shane Williams Doelskoppe: Stephen Jones (4) Strafdoele: Stephen Jones (3) |
Bywoning: 80 112 Skeidsregter: André Watson (RSA) | |
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
8 November – Melbourne | ||||||||||
Nieu-Seeland | 29 | |||||||||
15 November – Sydney | ||||||||||
Suid-Afrika | 9 | |||||||||
Nieu-Seeland | 10 | |||||||||
8 November – Brisbane | ||||||||||
Australië | 22 | |||||||||
Australië | 33 | |||||||||
22 November – Sydney | ||||||||||
Skotland | 16 | |||||||||
Australië | 17 | |||||||||
9 November – Melbourne | ||||||||||
Engeland | 20 | |||||||||
Frankryk | 43 | |||||||||
16 November – Sydney | ||||||||||
Ierland | 21 | |||||||||
Frankryk | 7 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
9 November – Brisbane | ||||||||||
Engeland | 24 | 20 November – Sydney | ||||||||
Engeland | 28 | |||||||||
Nieu-Seeland | 40 | |||||||||
Wallis | 17 | |||||||||
Frankryk | 13 | |||||||||
8 November 2003 | Nieu-Seeland | 29–9 | Suid-Afrika | Telstra Dome, Melbourne | |
18:30 (AEDT) | Drieë: Leon MacDonald, Keven Mealamu, Joe Rokocoko Doelskop: Leon MacDonald Strafdoele: Leon MacDonald (3) Skepdoel: Aaron Mauger |
Verslag | Strafdoele: Derick Hougaard (3) | Bywoning: 40 734 Skeidsregter: Tony Spreadbury (Eng) | |
8 November 2003 | Australië | 33–16 | Skotland | Langpark, Brisbane | |
20:00 (AEST) | Drieë: Stirling Mortlock, George Gregan, David Lyons Doelskoppe: Elton Flatley (3) Strafdoele: Elton Flatley (4) |
Verslag | Drie: Robbie Russell Doelskop: Chris Paterson Strafdoele: Chris Paterson (2) Skepdoel: Chris Paterson |
Bywoning: 45 412 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
9 November 2003 | Frankryk | 43–21 | Ierland | Telstra Dome, Melbourne | |
18:30 (AEDT) | Drieë: Olivier Magne, Christophe Dominici, Imanol Harinordoquy, Jean-Jacques Crenca Doelskoppe: Frédéric Michalak (4) Strafdoele: Frédéric Michalak (5) Kaart: Raphael Ibanez 65' tot 75' |
Verslag | Drieë: Kevin Maggs, Brian O’Driscoll (2) Doelskoppe: David Humphreys (3) |
Bywoning: 33 134 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
9 November 2003 | Engeland | 28–17 | Wallis | Langpark, Brisbane | |
20:00 (AEST) | Drie: Will Greenwood Doelskop: Jonny Wilkinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (6) Skepdoel: Jonny Wilkinson |
Verslag | Drieë: Stephen Jones, Colin Charvis, Martyn Williams Doelskop: Iestyn Harris |
Bywoning: 45 252 Skeidsregter: Alain Rolland (Irl) | |
15 November 2003 | Nieu-Seeland | 10–22 | Australië | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drie: Reuben Thorne Doelskop: Leon MacDonald Strafdoel: Leon MacDonald |
Verslag | Drie: Stirling Mortlock Doelskop: Elton Flatley Strafdoele: Elton Flatley (5) |
Bywoning: 82 444 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
16 November 2003 | Frankryk | 7–24 | Engeland | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drie: Serge Betsen Doelskop: Frédéric Michalak Kaarte: Christophe Dominici 23' tot 33', Serge Betsen Tchoua 53' tot 63' |
Verslag | Strafdoele: Jonny Wilkinson (5) Skepdoele: Jonny Wilkinson (3) |
Bywoning: 82 346 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
20 November 2003 | Nieu-Seeland | 40–13 | Frankryk | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drieë: Chris Jack, Doug Howlett, Joe Rokocoko, Brad Thorn, Mils Muliaina, Marty Holah Doelskoppe: Leon MacDonald, Dan Carter (4) |
Verslag | Drie: Pépito Elhorga Doelskop: Dimitri Yachvili Strafdoel: Dimitri Yachvili Skepdoel: Dimitri Yachvili |
Bywoning: 62 712 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
22 November 2003 | Australië | 17–20 (e.t.) | Engeland | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drie: Lote Tuqiri Strafdoele: Elton Flatley (4) |
Verslag | Drie: Jason Robinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (4) Skepdoel: Jonny Wilkinson |
Bywoning: 82 957 Skeidsregter: André Watson (RSA) Speler van die wedstryd: Jonny Wilkinson (Eng) | |
|
Rugbywêreldkampioen 2003 |
---|
Engeland |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2003.[61]
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Engeland | C | 7 | 7 | 0 | 0 | 327 | 36 | 27 | 23 | 8 |
2 | Australië | A | 7 | 6 | 0 | 1 | 345 | 43 | 32 | 21 | 1 |
3 | Nieu-Seeland | D | 7 | 6 | 0 | 1 | 361 | 52 | 40 | 6 | 1 |
4 | Frankryk | B | 7 | 5 | 0 | 2 | 267 | 29 | 22 | 22 | 4 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | C | 5 | 3 | 0 | 2 | 193 | 27 | 17 | 7 | 1 |
6 | Ierland | A | 5 | 3 | 0 | 2 | 162 | 20 | 16 | 9 | 1 |
7 | Wallis | D | 5 | 3 | 0 | 2 | 149 | 17 | 14 | 11 | 1 |
8 | Skotland | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 118 | 12 | 8 | 13 | 1 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Argentinië | A | 4 | 2 | 0 | 2 | 140 | 18 | 13 | 6 | 2 |
10 | Samoa | C | 4 | 2 | 0 | 2 | 138 | 18 | 12 | 8 | 0 |
11 | Fidji | B | 4 | 2 | 0 | 2 | 98 | 10 | 6 | 12 | 0 |
12 | Italië | D | 4 | 2 | 0 | 2 | 77 | 5 | 5 | 14 | 0 |
13 | Verenigde State | B | 4 | 1 | 0 | 3 | 86 | 9 | 7 | 9 | 0 |
14 | Roemenië | A | 4 | 1 | 0 | 3 | 65 | 8 | 5 | 5 | 0 |
15 | Uruguay | C | 4 | 1 | 0 | 3 | 56 | 6 | 4 | 6 | 0 |
16 | Kanada | D | 4 | 1 | 0 | 3 | 54 | 4 | 2 | 9 | 1 |
17 | Japan | B | 4 | 0 | 0 | 4 | 79 | 6 | 5 | 12 | 1 |
18 | Tonga | D | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 7 | 4 | 1 | 0 |
19 | Georgië | C | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 1 | 1 | 12 | 1 |
20 | Namibië | A | 4 | 0 | 0 | 4 | 28 | 4 | 4 | 0 | 0 |
Algeheel | 48 | 2828 | 329 | 244 | 206 | 23 |
Meeste punte aangeteken:[1]
|
Meeste drieë gedruk:[2] |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rugbywêreldbeker 2003. |