Ruud Lubbers | |
In 1986 | |
Eerste Minister van Nederland
| |
Ampstermyn 4 November 1982 – 22 Augustus 1994 | |
Vise | Kabinet 1: Gijs van Aardenne (1982-1986) Kabinet 2: Rudolf de Korte (1986-1989) Kabinet 3: Wim Kok (1989-2004) |
---|---|
Monarg | Beatrix |
Voorafgegaan deur | Dries van Agt (CDA) |
Opgevolg deur | Wim Kok (PvdA) |
Leier van die CDA
| |
Ampstermyn 25 Oktober 1982 – 29 Januarie 1994 | |
Voorafgegaan deur | Dries van Agt |
Opgevolg deur | Elco Brinkman |
Parlementêre verteenwoordiger van die CDA-groep [1]
| |
Ampstermyn 7 November 1978 – 10 Junie 1981 24 Augustus 1981 - 4 November 1982 | |
Eerste minister | Dries van Agt |
Voorafgegaan deur | Willem Aantjes |
Opgevolg deur | Bert de Vries |
Lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal [1]
| |
Ampstermyn 8 Junie 1977 – 8 September 1977 22 Desember 1977 - 4 November 1982 | |
Minister van Ekonomiese Sake
| |
Ampstermyn 11 Mei 1973 – 19 Desember 1977 | |
Eerste minister | Joop den Uyl |
Voorafgegaan deur | Harrie Langman |
Opgevolg deur | Gijs van Aardenne |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Rotterdam, Nederland | 7 Mei 1939
Sterf | 14 Februarie 2018 (op 78) Rotterdam, Nederland |
Politieke party | CDA |
Eggenoot/-note | Ria Hoogeweegen (gebore 1940) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Erasmus Universiteit Rotterdam |
Religie | Rooms-Katolisisme |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Nederland |
Diens/Tak | Koninklike Nederlandse Lugmag |
Jare in diens | 1962–1963 |
Rang | Tweede luitenant |
Oorloë/Veldslae | Koue Oorlog |
Rudolphus Franciscus Marie (Ruud) Lubbers (7 Mei 1939 in Rotterdam - 14 Februarie 2018 in Rotterdam) was 'n Nederlandse Christen-demokratiese politikus, diplomaat, hoogleraar en entrepreneur.
Hy was 'n lid van die politieke partye Christen-Demokratiese Appèl (CDA) en Katolieke Volksparty (KVP), 'n voorloper van die CDA-party.[2] Van 1982 tot 1994 was hy die CDA se partyleier sowel as die Eerste Minister van Nederland.
Hy het met sukses die groot finansieringstekort asook die toemalige ekonomiese krises bestry.
Lubbers het ekonomie aan die Erasmus Universiteit Rotterdam gestudeer en was 'n entrepreneur van Hollandia, 'n staalboubedryf in Krimpen aan den IJssel.
Van 1973 tot 1977 was hy Minister van Ekonomiese Sake in die Den Uyl-kabinet gewees. Van 1977 tot 1982 was hy 'n lid van die Tweede Kamer gewees, van 1978 tot 1982 ook as parlementêre verteenwoordiger van die CDA-groep.
Van Oktober 1982 tot Januarie 1994 was hy die CDA-partyleier en van November 1982 tot Augustus 1994 Eerste Minister gewees.
Ook was hy in 1989 en 1994 kortstondig minister vir Nederlandse Antilliaanse Sake en Aruba gewees.
Na sy politieke loopbaan was hy van 1995 tot 2000 hoogleraar globalisering aan die Katolieke Universiteit Brabant gewees.
Vervolgens was hy van 1 Januarie 2001 tot 20 Februarie 2005 die negende VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge in Genève gewees.[3]
Lubbers het drie Nederlandse kabinette gelei:
Voorafgegaan deur Dries van Agt |
Eerste Minister van Nederland 1982-1994 |
Opgevolg deur Wim Kok |
Voorafgegaan deur Sadako Ogota |
9e VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge 2001-2005 |
Opgevolg deur António Guterres |