Sabotalewerik | |
---|---|
C. s. suffusca in die Krugerwildtuin en die roep van C. s. sabota in Gauteng | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Alaudidae |
Genus: | Mirafra |
Spesie: | M. sabota
|
Binomiale naam | |
Mirafra sabota Smith, 1836
| |
verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Die sabotalewerik (Calendulauda sabota) is 'n algemene amper-endemiese standvoël in suider-Afrika. Dit is 'n algemene spesie van dorre savanne, Karoo, Nama-Karoo, die bosveld en laeveld. Die voël is 15 cm groot en weeg 21 – 31 gram. Die subspesies in die droë weste (C. s. naevia, C. s. waibeli, C. s. bradfieldi en C. s. herero) het opmerklik dikker snawels as die subspesies (C. s. sabota, C. s. waibeli, C. s. ansorgei, C. s. sabotoides en C. s. suffusca) van meer vogtige habitats in die ooste en noorde. In Engels staan dit as die sabota lark bekend.