Sahelanthropus tchadensis "Toumaï" | |
---|---|
’n Vormafdruk van ’n Sahelanthropus tchadensis-skedel (Toumaï) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | †Sahelanthropus Klages et al., 2008[1]
|
Spesie: | †S. tchadensis
|
Binomiale naam | |
Sahelanthropus tchadensis Klages et al., 2008[1]
|
Sahelanthropus tchadensis is ’n uitgestorwe menslike spesie wat sowat 7 miljoen jaar terugdateer, moontlik na aan die tyd van die splitsing tussen die sjimpansee en die mens. Dit is dus onseker of dit beskou kan word as ’n lid van die Hominini-stam.[1] Min, indien enige, voorbeelde is bekend behalwe die gedeeltelike skedel met die bynaam Toumaï ("hoop van die lewe").
Bestaande fossiele sluit in ’n relatief klein stukkie kopbeen bekend as Toumaï ("hoop van die lewe" in die plaaslike taal Dazaga van Tsjad in Sentraal-Afrika), vyf stukkies kakebeen en ’n paar tande. Die harsingkas is net 320 tot 380 cm3 groot in vergelyking met die mens s’n van sowat 1 350 3.
Die tande, oogbene en gesigstruktuur verskil baie van dié van die mens. Omdat geen bene onder die skedel gevind is nie, is dit onseker of S. tchadensis op twee bene geloop het, maar daar word so vermoed omdat die foramen magnum (die groot opening onder die skedel) redelik vorentoe geleë is. Die slyting van sy tande is egter soortgelyk aan dié van ander ape uit die Mioseen.[2] Verder is volgens onlangse inligting dalk die dybeen van ’n hominide langs die kopbeen gevind, maar is dit nooit bekend gemaak nie.[3]
Die fossiele is tussen Julie 2001 en Maart 2002 in die Djoerab-woestyn van Tsjad ontdek deur ’n span van vier onder leiding van Michel Brunet.[4][5] Die ontdekkers het beweer S. tchadensis is die oudste bekende menslike voorouer ná die splitsing van die menslike lyn vanaf dié van die sjimpansee.[6]
S. tchadensis kan ’n gemeenskaplike voorouer van die mens en die sjimpansee wees; geen konsensus is nog onder wetenskaplikes bereik nie. Die oorspronklike plasing van die spesie as slegs ’n menslike voorouer sal die prentjie van menslike filogenie heelwat ingewikkelder maak. As Toumaï ’n regstreekse menslike voorouer is, werp sy gesigseienskappe twyfel op die status van Australopithecus omdat die dik wenkbroubene na berig word ooreenstem met dié van sommige latere hominiede fossiele (veral Homo erectus), terwyl dit verskil van dié van alle Australopithecus- en hominiede fossiele asook bestaande mense.
Nog ’n moontlikheid is dat Toumaï verwant is aan mense en sjimpansees, maar nie ’n voorouer van een van die twee is nie. Brigitte Senut en Martin Pickford, die ontdekkers van Orrorin tugenensis, het voorgestel die eienskappe van S. tchadensis stem ooreen met ’n vroulike proto-gorilla. Al is dit waar, sal dit nie afbreuk doen aan die belangrikheid van die vonds nie, want bitter min voorouers van sjimpansees en gorillas is nog in Afrika gevind