Samara-oblast Самарская область | ||||
![]() | ||||
Die ligging van Samara-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | ![]() | |||
Federale distrik | Wolga | |||
Ekonomiese streek | Wolga | |||
Stigting | 14 Mei 1928 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Samara | |||
Leier | Nikolai Merkoesjkin (waarnemend) | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Oblast-doema | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 3 215 532 | |||
Volgorde | 11de | |||
Digtheid | 59,99/km2 | |||
Stedelik | 80,2% | |||
Plattelands | 19,8% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 53 600 km2 | |||
Volgorde | 50ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 63, 163 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.adm.samara.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
![]() ![]() | ||||
|
Samara-oblast (Russies: Сама́рская о́бласть, Samarskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Samara. Volgens die Russiese sensus van 2010[1] het dit ’n inwonertal van 3 215 532.
Die oblast grens in die noorde aan Tatarstan, in die ooste aan Orenburg-oblast, in die suide aan Kazachstan, in die suidweste aan Saratof-oblast en in die weste aan Oeljanofsk-oblast.
Die Russiese Ryk het in 1851 ’n goewernaat in die gebied gestig. Die Samara-goewernaat is uit Samara geadministreer. Tydens die Russiese Rewolusie van 1905 het ’n rebellie in November dié jaar op die dorp Nowaja Tsarewsjtsjina (nou Wolzjski) uitgebreek en na die dorp Stari Boejan versprei. Dit het daartoe gelei dat die afgestigte Republiek Stari Boejan vir ’n kort rukkkie in die goewernaat gestig is. Nadat die plaaslike polisie nie daarin kon slaag om die rebellie te beëindig nie, is dit deur ’n ekspedisie Kosakke en gendarmes onder die visegoewerneur van die Samara-goewernaat onderdruk.
Onder Sowjetbewind is die grootste deel van die goewernaat se gebied omskep in die Middel-Wolga-oblast, wat op 14 Mei 1928 gestig is. Meer as ’n jaar later, op 20 Oktober 1929, is dit weer omskep in die Middel-Wolga-krai.[2] Op 27 Januarie 1935 is Samara en die krai hernoem tot onderskeidelik Koeibisjef en Koeibisjef-krai, ter ere van die Bolsjewistiese leier Walerian Koeibisjef.[2] Op 5 Desember 1936 is die krai verander in die Koeibisjef-oblast met die aanvaarding van die Sowjetgrondwet van 1936.[2]
Op 25 Januarie 1991 het die stad sy ou naam teruggekry en die oblast is hernoem tot Samara-oblast. Op 1 Augustus 1997 het Samara-oblast ’n magverdelingsooreenkoms met die federale regering onderteken waarvolgens hulle outonomie gekry het.[3] Dié ooreenkoms is op 22 Februarie 2002 afgeskaf.[4]
Toljatti in Samara-oblast is die grootste stad in Rusland wat nie die hoofstad van ’n deelgebied is nie.
Oosters-Ortodoks | 35% | |||
Ortodoks (ander) | 1.6% | |||
Ander Christene | 7.8% | |||
Islam | 1.9% | |||
Inheemse gelowe | 0.8% | |||
Spiritueel, maar nie godsdienstig | 29.6% | |||
Ateïsties | 12.6% | |||
Ander of geen | 10.7% | |||
Godsdiens in Samara-oblast |
Volgens die Russiese sensus van 2010[1] het die oblast ’n inwonertal van 3 215 532. Hiervan is 85,6% Russe, 4,1% Tatare, 2,7% Tsjoewasjiërs, 2,1% Mordwiene, 1,4% Oekraïners en 0,7% Armeniërs.
Volgens ’n opname in 2012[5][6] behoort 35% van die oblast se inwoners tot die Oosters-Ortodokse Kerk. Ander Ortodokse lidmate maak 1,6% van die bevolking uit, ander Christene 7,8%, Moslems 1,9% en aanhangers van inheemse gelowe 0,8%. Altesaam 29,6% is spiritueel, maar nie godsdienstig nie, 12,6% is ateïsties en 10,7% hang ander gelowe aan of het nie die vraag beantwoord nie.