Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
County | Santa Clara |
Koördinate | 37°20′N 121°54′W / 37.333°N 121.900°W |
Gestig op | 29 November 1777 |
Geïnkorporeer op | 27 Maart 1850 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 466,109 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 26 m[2] |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 984 299[3] |
- Bevolkingsdigtheid | 2 100/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 975 342 |
Tydsone | PST (UTC -8) |
Somertyd | PDT (UTC -7) |
Klimaat | |
- Tipe | Mediterreense klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 16,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 10,4 / 22,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 383 mm |
Burgemeester | Chuck Reed |
Amptelike Webwerf | sanjoseca.gov |
San Jose (Spaans: San José, [ˌsæn hoʊˈzeɪ]) is 'n groot stad in die weste van die deelstaat Kalifornië in die Verenigde State en is op 29 November 1777 deur Spanjaarde as El Pueblo de San José de Guadalupe gestig. Die stad het 'n bevolking van 984 299 en van 1 975 342 in die metropolitaanse gebied in 2013 gehad en het 'n oppervlakte van 466,109 km². San Jose is vernoem ná Josef van Nasaret (José de Nazaret), die pa van Jesus Christus.
San Jose is ná Los Angeles en San Diego die derde grootste stad van Kalifornië. Die stad word beskou as hoofstad van die industriële gebied Silicon Valley en is geleë naby die Stille Oseaan net suidoos van San Francisco. San Jose is die setel van die County Santa Clara.
Sedert die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog in 1846/1848 maak San Jose saam met Kalifornië deel uit van die grondgebied van die Verenigde State en is op 27 Maart 1850 as eerste stad in die deelstaat geïnkorporeer. In hierdie tydperk het die stad as eerste hoofstad van die deelstaat Kalifornië gedien.