Die dubbelster se Bayer-naam is "Theta Scorpii". Sy tradisionele naam, "Sargas", is van Sumeriese herkoms,[10] of is dalk die Persies vir "pylpunt". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sargas" vir θ Scorpii A goedgekeur[11] omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het eerder as aan sterstelsels.
Die primêre ster, A, is ’n geëvolueerdehelder reus met ’n sterreklassifikasie van F0 II.[1] Sy massa is sowat 5,7 keer dié van die Son, maar dit het uitgesit tot ’n radius van 26 keer die Son s’n[7] en ’n ligsterkte van 1 834 keer dié van die Son.[6] Sy effektiewe temperatuur van 7 268 K[6] gee dit die tipiese geelwit kleur van ’n F-tipe ster. Die ster roteer baie vinnig en het daarom ’n ovaal vorm, met die radius by sy ewenaar wat 19% groter is as by sy pole.[8]
Die metgeselster, B, het ’n skynbare magnitude van 5,36 en is 6,470 boogsekondes van die hoofster af.[12]
↑ 1,01,1Houk, Nancy (1978), "Michigan catalogue of two-dimensional spectral types for the HD stars", Ann Arbor : Dept. of Astronomy (Ann Arbor: Dept. of Astronomy, University of Michigan) 2, Bibcode: 1978mcts.book.....H
↑ 5,05,15,2Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory4 (99): 99, Bibcode: 1966CoLPL...4...99J