Sebra-kalkoenvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. zebra
|
Binomiale naam | |
Dendrochirus zebra (G. Cuvier, 1829)
|
Die sebra-kalkoenvis (Dendrochirus zebra) is 'n seevis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Zebra turkeyfish.
Die vis word tot 20 cm lank. Die vis is rooibruin van kleur met dun wit, vertikale strepe oor die lyf wat omlyn word met bruin strepe. Die pektorale vinne is witterig en is waaiervormig met stekels op die punte.
Die vis leef in rotsagtige kusareas en aflandige riwwe in water wat tot 40 m diep is. Hulle is alleenlopers of kom in klein groepies voor en vreet klein vissies, krappe en garnale. Die vis is seldsaam.