Sentour | ||||
Latynse naam | Centaurus | |||
Genitief | Centauri | |||
Afkorting | Cen | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h | |||
Deklinasie | -50º | |||
Grootte | 1 060 vk. grade (9de) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 11 | |||
Helderste ster | Alpha Centauri | |||
Naaste ster | Proxima Centauri | |||
Sterre helderder as 3 m | 10 | |||
Sterre met planete | 14 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 69 | |||
Meteoorreëns | Alpha Centauriede, Omicron-Centauriede, Theta-Centauriede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Lugpomp, Kiel, Passer, Suiderkruis, Noordelike Waterslang, Weegskaal (hoek), Wolf, Vlieg, Seile | ||||
|
Die Sentour of Perdmens (Latyn: Centaurus) is ’n helder sterrebeeld wat sigbaar is in die Suidelike Halfrond. Dit is een van die grootste sterrebeelde en een van die 48 wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Claudius Ptolemeus genoem is. Dit is steeds een van die 88 moderne konstellasies. In die Griekse mitologie was sentoure wesens wat half man, half perd was.
Sentour bevat die Alpha Centauri-stelsel, ’n driester-stelsel wat uit ’n dubbelster en ’n heelwat dowwer rooi dwerg, Proxima Centauri, bestaan. Proxima is die naaste bekende ster aan die Son.
Die vierde helderste ster in die sterrebeeld is Beta Centauri, of Hadar.
Hoewel Omega Centauri (NGC 5139) die konstellasie se "omega"-ster genoem word, is dit inderwaarheid ’n bolvormige sterreswerm wat geleë is op ’n afstand van 17 000 ligjare, met ’n deursnee van 150 ligjare. Dit is die grootste en helderste bolvormige sterreswerm in die Melkweg; dit is tien keer so groot as die tweede grootste een. Dit bevat verskeie miljoene sterre, waarvan die meeste geel dwerge is, maar daar is ook rooi reuse en B-tipe blou-wit sterre; die sterre het ’n gemiddelde ouderdom van 12 miljard jaar.
Een van die naaste aktiewe sterrestelsels aan die Aarde is Centaurus A: op 11 miljoen ligjare. Dit het ’n supermassiewe swartkolk in sy kern.