Die Sentrale Moondhede (Duits: Mittelmächte; Hongaars: Központi hatalmak; Turks: İttifak Devletleri of Bağlaşma Devletleri; Bulgaars: Централни сили, Tsentralni sili) was een van die twee strydende faksies in die Eerste Wêreldoorlog (1914–'18). Die alliansie het ontstaan uit die Drievoudige Verbond van 1882 en het geveg teen die Geallieerde Magte wat ontstaan het uit die Drievoudige Entente.
Die Sentrale Moondhede het bestaan uit:[1]
Die naam is afgelei van die ligging van dié lande: al vier het gelê tussen die Russiese Ryk in die ooste en Frankryk en die Verenigde Koninkryk in die weste.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia