Sharon Stone | |
![]() | |
Stone in 2007.
| |
Geboortenaam | Sharon Yvonne Stone |
---|---|
Geboorte | 10 Maart 1958 Meadville, Pennsilvanië, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1980-tans |
Sharon Yvonne Stone (gebore 10 Maart 1958) is ’n Amerikaanse aktrise, rolprentvervaardiger en voormalige model.
Stone het in 1977 ’n modelkontrak gekry[1] en Europa toe getrek. Terwyl sy daar was, het sy besluit om eerder aktrise te word. Terug in New York het sy in 1981 haar eerste praatrol gekry in Deadly Blessing.
Sy het in 1990 die eerste keer aandag getrek toe sy saam met Arnold Schwarzenegger in die wetenskapsfiksieriller Total Recall was, en daarna vir haar hoofrol in die erotiese riller Basic Instinct (1992). Sy is vir ’n Oscar benoem en het ’n Golden Globe vir beste aktrise gewen vir haar spel as Ginger McKenna in die misdaaddrama Casino (1995).
Daarna het sy lof en Golden Globe-benoemings gekry vir haar rolle in die 1998-drama The Mighty en die 1999-komedie The Muse. In 2004 het sy ’n Emmy gewen vir haar spel in The Practice. Sy het ook gespeel in flieks soos Alpha Dog (2006), Bobby (2006) en Lovelace (2013), ’n biografieprent oor dié pornografie-aktrise.
In 2005 is sy ’n offisier van die Franse Orde van Kuns en Lettere gemaak.[2]