Sibongile Khumalo (24 September 1957 - 28 Januarie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger.
Sibongile Khumalo is gebore in Orlando-Wes, Soweto in Johannesburg, Suid-Afrika, en was aanvanklik begelei deur haar vader, Khabi Mngoma, 'n professor in musiek.[1] Sy het 'n BA-graad in musiek aan die Universiteit van Zululand en BA Honneurs aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal.[2] In 1993 wen Khumalo die Standard Bank Young Artist Award tydens die Grahamstad-fees.[2]
In 2009 is Khumalo deur die Rhodes-universiteit in Grahamstad, Suid-Afrika, vereer deur 'n doktorgraad in die musiek honoris causa aan haar toe te ken.[3][4] Sy het ook eredoktorsgrade verwerf van die Universiteit van Suid-Afrika (Doctor of Musicology Honoris Causa) [5] en die University of Zululand (Doctor of Philosophy Honoris Causa).[5]
Op 28 Januarie 2021 sterf Sibongile Khumalo op 63-jarige ouderdom na 'n lang tydperk van siekte.[6]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |