Silwer-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. choloensis
|
Binomiale naam | |
Barbus choloensis Norman, 1925
|
Die silwer-ghieliemientjie (Barbus choloensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die sytakke van die onderste gedeeltes van die Shirerivier en Zambeziriviere. In Engels staan dit bekend as silver barb. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Die vis is gewoonlik silwerig van kleur met oranje-rooi vinne. Dit word 150–200 mm lank. Daar is twee pare baarde om die bek.
Die vis leef in helder poele in die rotsagtige gedeeltes van vloeiende strome. Hierdie spesie kan dieselfde wees as die roosvlerk-ghieliemientjie.