Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: GBE – ICAO: FBSK | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Regering | ||
Bedien | Gaborone | ||
Ligging | Gaborone, Botswana | ||
Spil vir | Air Botswana | ||
Hoogte bo seevlak | 3 299 vt / 1 006 m | ||
Landkaart | |||
Ligging in Botswana | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
08/26 | 13 123 | 4 000[1] | Beton |
Statistieke (2020) | |||
Passasiers | 117 227[2] |
Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe (IATA-kode: GBE, ICAO: FBSK), geleë 15 kilometer (9 myl) noord van Gaborone, is die internasionale lughawe van die hoofstad van Botswana. Die lughawe is vernoem na Sir Seretse Khama, die eerste president van Botswana.[3] Dit is in 1984 geopen en bied goeie kapasiteit om streeks- en internasionale lugverkeer te hanteer en het die grootste passasiersbeweging in die land.
Die gebied rondom Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe is byna volledig omring deur woonhuise.[4] Die klimaat is oor die algemeen warm.[5] Die gemiddelde temperatuur was 23 °C. Die warmste maande is November op 30 °C, en koudste Junie, met 14 °C.[6] Die gemiddelde reënval is 460 millimeter per jaar. Die natste maand is Desember met 109 mm reën, en die droogste in Mei met slegs 2 mm. [7]
Die Botswana Weermag se "VIP Flight Wing" is by die lughawe gestasioneer.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |