Siri Hustvedt | |
---|---|
Gebore | Siri Hustvedt 19 Februarie 1955 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Romanskrywer |
Bekend vir | The Blindfold (1992) What I Loved (2003) The Sorrows of an American (2008) |
Eggenoot | Paul Auster |
Kinders | Sophie Auster |
Webwerf | www.sirihustvedt.net |
Siri Hustvedt (* 19 Februarie 1955– ) is 'n Amerikaanse romanskrywer, digteres en essayiste. Onder haar gepubliseerde werk tel een boek van gedigte, vyf romans, twee boeke essays, en verskeie nie-fiksiewerke. Haar werk is vertaal in meer as dertig tale.
Hustvedt het 'n doktorsgraad by Columbia Universiteit in New York behaal wat handel oor Charles Dickens se roman Our Mutual Friend. In haar se PhD is die vormende invloede wat ander skrywers soos Søren Kierkegaard, Emile Benveniste, Roman Jakobson, Mikhail Bakhtin, Sigmund Freud, Jacques Lacan, Mary Douglas, Paul Ricoeur, en Julia Kristeva op haar gehad het ook alreeds sigbaar. Psigoanalise, neurofisiologie, epilepsie, identiteit en estetika (van veral beeldende kuns) is belangrike temas wat in haar werk voorkom.
Hustvedt is getroud met die romanskrywer Paul Auster en woon saam in Brooklyn, New York. Hulle dogter, Sophie Auster, is 'n sangeres en aktrise.