’n Sontermyn (tradisionele Chinees: 節氣, vereenvoudigde Chinees: 节气, pinyin: jiéqì; Japannees: 節気, sekki) is een van 24 punte op tradisionele Chinese maansonkalenders wat met ’n spesifieke astronomiese voorval ooreenstem of op ’n natuurlike verskynsel dui.[1] Die punte is 15° uitmekaar aan die sonnebaan en word deur maansonkalenders gebruik om gekroniseerd te bly met die seisoene, wat belangrik is vir die landbou.
Omdat die son se spoed deur die jaar wissel na gelang van die afstand tussen die son en die aarde, verskil die getal dae wat die son tussen die punte beweeg. Elke sontermyn word in drie pentades verdeel en daar is dus 72 pentades in ’n jaar. Elke pentade bestaan uit vyf, of soms ses dae, en word gewoonlik genoem na verskynsels wat met dié tyd ooreenstem.
Sontermyne het hul oorsprong in China gehad, en van daar het dit versprei na Korea, Viëtnam en Japan, lande in die Oos-Asiatiese sfeer, dikwels onveranderd met die name wat na Noord-Chinese klimaatsveranderings verwys.[2]
Op 1 Desember 2016 is die 24 sontermyne deur Unesco gelys as ’n "onskatbare kulturele erfenis".[3]
Son se lug- lengtegraad |
Chinese naam [4] |
Koreaanse naam[5] |
Viëtnamese naam |
Japannese naam |
Gregoriaanse datum (± 1 dag) |
Verwysing na tyd van maand |
Opmerking[6][7] |
---|---|---|---|---|---|---|---|
315° | 立春 lìchūn |
立春 (입춘/립춘) ipchun/ripchun |
Lập xuân | 立春 risshun |
4 Feb. | 1ste maand, begin | Lente begin |
330° | 雨水 yǔshuǐ |
雨水 (우수) usu |
Vũ thủy | 雨水 usui |
19 Feb. | 1ste maand, middel | Meer reën as sneeu |
345° | 驚蟄 (惊蛰) jīngzhé |
驚蟄 (경칩) gyeongchip |
Kinh trập | 啓蟄 keichitsu |
6 Mrt. | 2de maand, begin | Hibernerende insekte word wakker |
0° | 春分 chūnfēn |
春分 (춘분) chunbun |
Xuân phân | 春分 shunbun |
21 Mrt. | 2de maand, middel | Middel van die lente (nagewening) |
15° | 清明 qīngmíng |
淸明 (청명) cheongmyeong |
Thanh minh | 清明 seimei |
5 Apr. | 3de maand, begin | skoon en helder |
30° | 穀雨 (谷雨) gǔyǔ |
穀雨 (곡우) gogu |
Cốc vũ | 穀雨 kokuu |
20 Apr. | 3de maand, middel | Reën vir graan |
45° | 立夏 lìxià |
立夏 (입하/립하) ipha/ripha |
Lập hạ | 立夏 rikka |
6 Mei | 4de maand, begin | Die somer begin |
60° | 小滿 (小满) xiǎomǎn |
小滿 (소만) soman |
Tiểu mãn | 小満 shōman |
21 Mei | 4de maand, middel | Plante groei en blom |
75° | 芒種 (芒种) mángzhòng |
芒種 (망종) mangjong |
Mang chủng | 芒種 bōshu |
6 Jun. | 5de maand, begin | Tyd vir giers saai |
90° | 夏至 xiàzhì |
夏至 (하지) haji |
Hạ chí | 夏至 geshi |
21 Jun. | 5de maand, middel | Somersonstilstand |
105° | 小暑 xiǎoshǔ |
小暑 (소서) soseo |
Tiểu thử | 小暑 shōsho |
7 Jul. | 6de maand, begin | Effens broeiend |
120° | 大暑 dàshǔ |
大暑 (대서) daeseo |
Đại thử | 大暑 taisho |
23 Jul. | 6de maand, middel | Baie broeiend |
135° | 立秋 lìqiū |
立秋 (입추/립추) ipchu/ripchu |
Lập thu | 立秋 risshū |
8 Aug. | 7de maand, begin | Herfs begin |
150° | 處暑 (处暑) chǔshǔ |
處暑 (처서) cheoseo |
Xử thử | 処暑 shosho |
23 Aug. | 7de maand, middel | Minder warm |
165° | 白露 báilù |
白露 (백로) baekno/baekro |
Bạch lộ | 白露 hakuro |
8 Sep. | 8ste maand, begin | Dou |
180° | 秋分 qiūfēn |
秋分 (추분) chubun |
Thu phân | 秋分 shūbun |
23 Sep. | 8ste maand, middel | Middel van herfs (nagewening) |
195° | 寒露 hánlù |
寒露 (한로) hanlo |
Hàn lộ | 寒露 kanro |
8 Okt. | 9de maand, begin | Koue dou |
210° | 霜降 shuāngjiàng |
霜降 (상강) sanggang |
Sương giáng | 霜降 sōkō |
23 Okt. | 9de maand, middel | Ryp |
225° | 立冬 lìdōng |
立冬 (입동/립동) ipdong/ripdong |
Lập đông | 立冬 rittō |
7 Nov. | 10de maand, begin | Die winter begin |
240° | 小雪 xiǎoxuě |
小雪 (소설) soseol |
Tiểu tuyết | 小雪 shōsetsu |
22 Nov. | 10de maand, middel | ’n Bietjie sneeu |
255° | 大雪 dàxuě |
大雪 (대설) daeseol |
Đại tuyết | 大雪 taisetsu |
7 Des. | 11de maand, begin | Baie sneeu |
270° | 冬至 dōngzhì |
冬至 (동지) dongji |
Đông chí | 冬至 tōji |
22 Des. | 11de maand, middel | Middel van winter (sonstilstand) |
285° | 小寒 xiǎohán |
小寒 (소한) sohan |
Tiểu hàn | 小寒 shōkan |
6 Jan. | 12de maand, begin | Effens ysig |
300° | 大寒 dàhán |
大寒 (대한) daehan |
Đại hàn | 大寒 daikan |
20 Jan. | 12de maand, middel | Baie ysig |