South32 | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 25 Mei 2015 |
Hoofkantoor | Perth, Wes-Australië, Australië |
Sleutelpersone | Graham Kerr (hoof- uitvoerende beampte) Brendan Harris (hoof- finansiële beampte) Paul Harvey (president & hoofbedryfsbeampte Australië) Mike Fraser (president & hoofbedryfsbeampte Suid-Afrika) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Mynbou |
Produkte | Aluminium, steenkool, lood, mangaan, nikkel, silwer, sink |
Inkomste | $6 948 miljoen (2015) |
Bedryfsinkomste | $1 001 miljoen (2015) |
Netto inkomste | $575 miljoen (2015) |
Werknemers | 15 545 (2015) |
Moedermaatskappy | BHP Billiton |
Divisies | Australië-streek Afrikastreek Bemarking |
Webwerf | www |
South32 Beperk is 'n maatskappy betrokke in die mynbou in Suider-Afrika, Australië en Noord- en Suid-Amerika. Die firma myn bauxiet, alumina, aluminium, steenkool, mangaan, nikkel, silwer, lood en sink.
South32 is in Mei 2015 uit BHP Billiton ontbondel. Die aandele word verhandel op die beurse van Australië, Londen en Johannesburg. Die grootste aandeelhouers is BlackRock Group, Inc. en The Vanguard Group, Inc. Die hoofkantoor is in Perth met 'n bemarkingskantoor in Singapoer. In totaal het die maatskappy 15 545 werknemers.