Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Stefi Baum (11 Desember 1958) gebore in Chicago, Illinois, is 'n Amerikaanse sterrekundige. Die Amerikaanse Sterrekundige Vereniging het haar werk vereer deur die Annie J. Cannon-prys in 1993 aan haar toe te ken. [1][2] Baum het gehelp om die Hubble-ruimteteleskoop te ontwikkel, vanaf 2004 was sy die direkteur van die "Rochester Institute of Technology" se Chester F. Carlson Sentrum. [3]
Baum het haar Baccalaureus Artium in Fisika van die Harvard-universiteit en 'n Ph.D in Sterrekunde van die Universiteit van Maryland verwerf. [4] Sy is tans die Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe en Professor in Fisika en Sterrekunde aan die Universiteit van Manitoba. [4]