Steroog-papegaaivis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | (Rafinesque, 1810)
|
Genus: | |
Spesie: | C. viridescens
|
Binomiale naam | |
Calotomus viridescens | |
Sinonieme | |
Die Steroog-papegaaivis (Calotomus viridescens) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Star-eye parrotfish.
Die vis se kop, lyf en vinne is blougroen of bruin met onreëlmatige pienk of wit kolletjies op. Die dominante mannetjie se kop is groen met pienk strepe wat in die vorm van ster vanaf die oë uitstraal en daar is ook drie pienk strepe oor die snoet. Daar is partykeer klein pers kolletjies bokant die pektorale vinne. Die vis word tot 50 cm groot.
Die vis leef in koraalriwwe, seegras beddings en sanderige areas wat digte alge het in water wat 2 – 27 m diep is. Die vis vreet hoofsaaklik alge en seegras.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Calotomus viridescens. |