Die kern van steroïede word saamgestel uit sewentien koolstofatome (wat aan mekaar verbind is) wat die vorm van vier saamgesmelte ringe aanneem: drie sikloheksaanringe (aangedui as ringe A, B en C in die figuur regs) en een siklopentaanring (die D-ring). Die steroïede wissel deur die funksionele groepe wat aan hierdie vierringkern geheg is, en deur die oksidasietoestand van die onderskeie ringe.
Sterole is spesiale vorme van steroïede, met 'n hidroksielgroep in posisie-3 en 'n skelet wat afgelei is van cholestaan.[1]
Ekdisteroïede, soos ekdisteroon, wat vervelling beheer.
Gewerweldes
Steroïedhormone
Geslagsteroïede is 'n onderdeel van geslagshormone wat seksverskille voortbring of voortplanting ondersteun. Dit sluit in androgene, estrogene en progesterone.
Kortikosteroïede sluit in glukokortikoïede en mineraalkortikoiede. Glukokortikoïede reguleer baie aspekte van die metabolisme en immuunfunksies, terwyl mineraalkortikoiede bloedvolume help handhaaf en die uitskeiding van elektroliete beheer. Die meeste medisinale "steroïed"-middels is kortikosteroïede.
Anaboliese steroïede is 'n klas van steroïede wat deur hul interaksie met androgeenreseptore spier- en beensintese verhoog. Daar is natuurlike en sintetiese anaboliese steroïede. In die omgangstaal verwys die woord "steroïede" gewoonlik na anaboliese steroïede, soos dié wat (onwettig) deur atlete gebruik word om hul prestasie te verbeter.
Cholesterol, wat die elastisiteit van selmembrane moduleer en blykbaar die belangrikste oorsaak van aterosklerose is.