Tortels | |
---|---|
Tortelduif (S. capicola) in die Krugerwildtuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Streptopelia Bonaparte, 1855
|
Spesies | |
Omtrent 15, sien teks. |
Streptopelia, die tortels, is 'n genus van sowat 15 voëlspesies in die duiffamilie (Columbidae). Die bekende en besonder suksesvolle genus is oorwegend in die Sub-Sahara en Eurasië tuis. Hul gereelde territoriale roepe en opvallende vertoonvlugte is kenmerkend van die genus.
Al die spesies is monogaam en territoriaal, en die genders lyk eenders. Hulle is hoofsaaklik van 'n medium grootte, en hul lengtes wissel van 25 cm tot 36 cm.[1] Almal leef in bome, maar hulle voed op die grond.[1] Die verskillende spesies is baie eenvormig in voorkoms, en almal het ‘n kenmerkende swart band oor die tnokka (nekholte), waarna hulle ook vernoem is (Grieks: στρεπτός (streptós), 'n gewringde halsband, en πέλεια (péleia) 'n wilde duif).[2] Die veredos is oorwegend grys of bruin met ‘n wisselende mate van pienk oor die bors. Die stertpatroon is opvallend wanneer hulle opvlieg of gaan sit[1] – donker teen die liggaam, en ligter of wit aan die sye of stertpunt.
Hul alombekende territoriale roepe word oorwegend in die vorm van 'n monotone en herhalende koer geuiter. By die mannetjie se stygende vertoonvlug uit 'n boom word die vlerke oordrewe, en soms hoorbaar, geklap. By die toppunt van hierdie kort vlug word die vlerke uitgestrek, en word daar in 'n wye draai na 'n nuwe sitplek afgesweef.[1] Die nes is soos by ander duiwe 'n skrapse platvorm van takkies, en 'n legsel van slegs een of twee wit eiers word daarop gelê.
Veral in die trope en subtrope van Afrika en Suid-Asië kom etlike spesies baie talryk in 'n verskeidenheid habitatte voor. Twee spesies het tans 'n baie meer omvangryke verspreiding as voorheen. Die Turkse tortel (Streptopelia decaocto) het op eie houtjie uit sy oorspronklike verspreidingsgebied, d.i. die warmer gematigde streke van suidoostelike Europa tot Japan, versprei om ook die orige deel van Europa in te neem, en Groot-Brittanje teen 1960 en Ierland kort daarop te bereik. Dit is ook in die VSA ingevoer, waar dit teen 1999 reeds in 22 state aangeteken is.
Die Streptopelia-genus is in 1855 deur die Franse voëlkundige Karel Lucien Bonaparte ingevoer.[3] In 1855 het die Engelse dierkundige George Robert Gray die gedomestiseerde Berbertortel (S. risoria), as die tipespesie aangedui.[4][5] Alhoewel die naam Streptopelia risoria as 'n geldige naam deur die Internasionale Kommissie vir Dierkundige Nomenklatuur aanvaar word,[6] mag die Berbertortel 'n gedomestiseerde vorm van die Roostortel (S. roseogrisea) wees.[7]
Die genus bestaan uit die volgende spesies:[8]
Naverwante taksa is die twee eilandtortels van genus Nesoenas en die twee rooiborsduiwe, wat volgens die "IOC World Bird List" in genus Spilopelia geplaas word:
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)