Nephrolepis exaltata | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. exaltata
|
Binomiale naam | |
Nephrolepis exaltata (L.) Schott
|
Die Swaardvaring (Nephrolepis exaltata) is 'n bekende varing wat as 'n huisplant in tuine, blombakke en hangmandjies voorkom. Die plant hou nie van direkte sonlig nie want dit skroei die blare en die grond moet altyd klam wees.
Die Swaardvaring is afkomstig van Noord-Amerika en Sentraal-Amerika[1] en is 'n kategorie 1b indringerplant in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Oos-Kaap en Wes-Kaap, en 'n kategorie 3 indringerplant in die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Noord-Kaap.[2]