Swartoognooi | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Acanthaceae |
Genus: | Thunbergia |
Spesie: | T. alata
|
Binomiale naam | |
Thunbergia alata | |
Sinonieme | |
|
Die swartoognooi (Thunbergia alata) is 'n meerjarige rankplant wat in die somer blom. Die spesie is inheems in Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Somalië, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal en Mpumalanga voor.
Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[1]
Die plant is 'n vinnige en maklike groeier en het klein, hartvormige blare. Tussen die blare is baie trompetvormige oranje of geel blomme met 'n swart kol in die middel. Die plant verkies vol son en matige water om in te leef.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Thunbergia alata. |