Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Brasilië |
Deelstaat | Maranhão |
Koördinate | 2°31′S 44°16′W / 2.517°S 44.267°W |
Gestig op | 8 September 1612 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 827,141 vk km |
Hoogte bo seevlak | 4 m |
Bevolking: | |
- Totaal (skatting, 2009) | 997 098 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 241,7/vk km |
Tydsone | UTC -3 |
- Somertyd | UTC -2 |
Klimaat | |
- Tipe | Tropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 26,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 26,8 / 26,2 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1954 mm |
Prefek | João Castelo (PSDB) |
Amptelike Webwerf | Prefeitura |
São Luís is die hoofstad van die Brasiliaanse deelstaat Maranhão en die terminus van die spoorlyn Estrada de Ferro Carajás wat die ertsmyne in die gebied rondom Carajás met die kus verbind. Die stad is in die ooste van die eiland Ilha de São Luis in die São Marcos-baai geleë - in 'n kusgebied waar die getyeverskil sowat sewe meter is sodat uitgestrekte sandgebiede deur die laaggety blootgelê word.
São Luís het sy oorsprong in 'n Franse fort wat 1612 opgerig is en ter ere van koning Lodewyk XIII Saint-Louis genoem is - in 'n tydperk toe Portugal nog min in die noordooste van Brasilië belanggestel het. Frankryk het vervolgens aanspraak gemaak op hierdie gebied, die plaaslike Tupinambi-Indiane van hul grond ontneem en hulle genoodsaak om die eed van trou aan die Franse koning af te lê.
Maar net drie jaar later is die nedersetting deur die Portugese ingeneem - die Nederlandse heerskappy tussen 1641 en 1643 was net 'n kortstondige tussenspel voordat Portugal in 1664 in beheer oor die hele Brasilië was. Onder die Portugese koloniale bewind het São Luís tot in die laat 18de eeu sy bloeitydperk beleef - so dateer die ryklik met tradisionele blou Portugese teëls of azulejos versierde woonhuise van welvarende handelaars en plantasie-eienaars uit hierdie periode.
Dit was juis die plantasies met hul onversadigbare behoefte aan mannekrag wat tot die verslawing van plaaslike Indiane gelei het - 'n praktyk wat ongeag 'n aantal beperkings tot in die 18de eeu wettig was. Maar hulle was minder geskik vir die dwangarbeid op plantasies so dat Afrikane ingevoer moes word, en dit was juis slawehandel wat aan São Luís sy rykdom besorg het. So was die stad ná die afskaffing van slawerny in 1888 in 'n staat van ongekende ekonomiese agteruitgang.
Die historiese stadskern van São Luís is deur UNESCO in 1997 tot wêrelderfenis verklaar.
Hoofstede van Brasilië | ||||
---|---|---|---|---|
|