TOI 700 d | ||||
Eksoplaneet | ||||
![]() | ||||
Soort planeet | Aardgrootte | |||
Moederster | TOI 700 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Swaardvis | |||
Regte klimming | 06h 28m 22.97s.[1] | |||
Deklinasie | -65° 34′ 43.01″.[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,1±0,01[2] | |||
Afstand (ligjaar) | 101,4 | |||
Metaalinhoud | -0,07±0,11[2] | |||
Spektraaltipe | M | |||
Planeet | ||||
Massa | 1,72 M⊕ | |||
Radius | 1,19 R⊕ | |||
Temperatuur | 268,8+7,7−7,6 K[3] | |||
Wentelperiode | 37,4260+0,0007−0,0010 | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 3 Januarie 2020 | |||
Ontdekkers | TESS | |||
Metode | Oorgang | |||
|
TOI 700 d is ’n eksoplaneet, moontlik ’n aardplaneet, wat om die rooidwerg TOI 700 wentel. Die ster is 101,4 ligjare van hier in die sterrebeeld Swaardvis. Die planeet is die eerste aardgrootte-eksoplaneet wat deur die Transiting Exoplanet Survey Satellite (TESS) in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is, vroeg in Januarie 2020.[4][5][6]
TOI 700 d is min of meer so groot soos die Aarde, met ’n soortgelyke radius en massa. Die massa is na raming 1,72 M⊕ en sy radius 1,19 R⊕.
Die moederster, TOI 700, is ’n rooidwerg (van spektraaltipe M). Dit het 40% die massa, 40% die radius en 50% die temperatuur van die Son.[6] Dit is ’n helder ster met ’n lae vlak van steraktiwiteit. Geen stervlamme is deur TESS waargeneem nie. Die lae rotasiespoed is ook ’n aanduiding van min steraktiwiteit.[2]
TOI 700 d wentel elke 37,4260 dae om sy ster, binne die bewoonbare sone. Die stelsel het nog twee planete, TOI 700 b en TOI 700 c, wat nie in die bewoonbare sone is nie.
TOI 700 d is vroeg in Januarie 2020 deur TESS (’n ruimteteleskoop van Nasa) ontdek.