Tamatie-klipkabeljou | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. sonnerati
|
Binomiale naam | |
Cephalopholis sonnerati (Valenciennes, 1828)
|
Die tamatie-klipkabeljou (Cephalopholis sonnerati) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese gebied, die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. Dit is een van die visse wat meer volop in die riwwe aflandig van Oos-Afrika is. In Engels staan die vis bekend as die Tomato rockcod.
Die vis word tot 57 cm lank. Die kleur van die vis wissel van helderrooi tot bruin-grys met groot wit kolle wat oral op die kop, lyf en vinne voorkom, behalwe die pektorale vinne. Die kop se profiel is effens konkaaf. Die vis het die vermoë om sy kleur vinnig te kan verander, afhangende van sy omgewing.
Hulle leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 12 tot 100 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kom ook in pare voor. Die tamatie-klipkabeljou vreet klein vissies en skaaldiere.