Tambotie | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Tambotieboom en -blare in Limpopo | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Euphorbiaceae |
Genus: | Spirostachys |
Spesie: | S. africana
|
Binomiale naam | |
Spirostachys africana | |
![]() | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
|
Die Tambotie (Spirostachys africana) is 'n middelgroot, bladwisselende bosveldboom wat dikwels in laagliggende streke of op heuwels te sien is. Die boom kom voor in die noorde en sentrale deel van Namibië, ooste van Botswana, suide van Zimbabwe, Angola, Eswatini, Mosambiek, Tanzanië en Kenia. In Suid-Afrika groei dit in die noordelike gedeeltes van die Oos-Kaap, in KwaZulu-Natal, Limpopo, Gauteng, Noordwes en die middelveld en laeveld van Mpumalanga.
Die melkerige sap van die tambotie is uiters giftig. Dit kan die vel erg irriteer en is baie gevaarlik vir die oë. Tambotiehout moet ook liefs nie vir braaivure gebruik word nie, omdat dit diarree kan veroorsaak en selfs dodelik kan wees.
Een van die medisinale gebruike van die tambotie is om tandpyn mee te behandel. Die boom het ook baie mooi hout wat vir meubels gebruik kan word. Die boom se FSA-nommer is 341.[1]
Houtskool van tambotie uit die midde-Steentydperk (~58 duisend jaar geleë) is nogtans aangetref naby die Sibudu-steenskuiling in KwaZulu-Natal. Daar word gedink dat dit vir mediese of insekwerende redes verbrand is. Houtskool van Tarchonanthus parvicapitulatus is ook gevind en hierdie aromatiese plant het bekende mediese en insekwerende aanwendings.[2]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)