Tarf is ’n bariumster, ’n soort koel reus met tekens van baie barium.[7] Daar word ook vermoed dit wissel effens in helderheid.[3]
Die ster het ’n metgesel-ster, ’n rooidwerg van die 14de magnitude. Die afstand van die ster is sowat 29 boogsekondes van Tarf, dus sowat 2 600 AE. Dit het ’n wentelperiode van 76 000 jaar.[8]
In ’n artikel op 12 Mei 2014 in die tydskrif Astronomy & Astrophysics is bewyse gelewer van ’n planeet wat om Tarf wentel. Volgens radialesnelheidsdata ná herhaalde waarnemings van die ster het die planeet ’n minimum massa van 7,8 keer dié van Jupiter en is sy wentelperiode 605 dae.[9]
Die ster se Bayer-naam is "Beta Cancri" en sy Flamsteed-naam "17 Cancri". Die tradisionele naam, "Al Tarf" of "Altarf", kom van die Arabiese woord vir "einde" of "kant".[8]
↑ 3,03,1Samus, N. N.; Durlevich, O. V.; et al. (2009). "VizieR Online Data Catalog: General Catalogue of Variable Stars (Samus+ 2007–2013)". VizieR On-line Data Catalog: B/gcvs. Originally published in: 2009yCat....102025S. 1. Bibcode:2009yCat....102025S.
↑ 5,05,1Mermilliod, J.-C. (1986). "Compilation of Eggen's UBV data, transformed to UBV (unpublished)". Catalogue of Eggen's UBV data. Bibcode:1986EgUBV........0M.
↑ 6,06,16,2Massarotti, Alessandro; Latham, David W.; Stefanik, Robert P.; Fogel, Jeffrey (2008). "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity". The Astronomical Journal. 135: 209. Bibcode:2008AJ....135..209M. doi:10.1088/0004-6256/135/1/209.
↑Gomez, A. E.; Luri, X.; Grenier, S.; Prevot, L.; Mennessier, M. O.; Figueras, F.; Torra, J. (1997). "Absolute magnitudes and kinematics of barium stars". Astronomy and Astrophysics. 319: 881. Bibcode:1997A&A...319..881G.
↑ 8,08,1Kaler, James B. "AL TARF (Beta Cancri)". Stars (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2019. Besoek op 23 Februarie 2010.